Voeg by Genesis 28:15-22

This commit is contained in:
Hannah van der Merwe 2022-06-30 11:20:08 +02:00 committed by Gitea
parent 97182dfb37
commit c102339056

8
1/28
View File

@ -12,3 +12,11 @@ Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder
En hy het gedroom dat daar 'n leer op die aarde opgerig is waarvan die boonste punt aan die hemel raak, terwyl die engele van God op en neer klim daarlangs.
En die HERE het daarbo-op gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;
en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou saad sal al die geslagte van die aarde geseën word.
En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou terugbring in hierdie land. Want Ek sal jou nie velaat nie totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.
Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die Here is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.
En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.
Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.
En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was vantevoere Lus.
En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en vir my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,
en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.
En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek U sekerlik die tiende afstaan.