diff --git a/18/8 b/18/8 new file mode 100644 index 0000000..7682dfc --- /dev/null +++ b/18/8 @@ -0,0 +1,22 @@ +Toe het Bildad, die Suhiet, geantwoord en gesê: +Hoelank sal jy hierdie dinge spreek en die woorde van jou mond ʼn geweldige wind wees? +Sou God die reg verdraai, of die Almgtige die geregtigheid krenk? +As jou kinders teen hom gesondig het, dan het hy hulle aan hul oortreding oorgegee. +As jý na God soek en die Almagtige om genade smeek; +as jy rien en opreg is, ja dan sal hy oor jou opwaak en jou woning herstel ooreenkomstig jou geregtigheid. +dan sal jou begin gering wees, maar jou endie baie grood. +Want doen tog navraag by die vorige geslag, en gee ag op wat hulle vaders nagespeur het; +(want ons is van gister en weet niks nie, omdat ons dae ʼn skaduwee op die aarde is;) +sal húlle jou nir leer, jou dit nie sê en woorde uit hul hart voortbring nie? +Skiet die biesie op waar geen moeras is nie? Groei die riet sonder water? +Nog is dit sy volle groei - sonder dat dit afgepluk word - dan verdor dit voor al die ander gras. +So gaan dit met almal wat God vergeet en vergaan die vervagting van die goddelose; +sy hoop is veragtelik en die voorwerp van sy vertroue ʼn spinnerak. +Hy steun op sy huis, maar dit bly nie staan nie; hy klem hom daaraan vas, maar dit hou geen stnd nie.- +Vol sap staan hy in die son, en sy ranke sprei uit oor sy tuin. +Sy wortels is gevleg oor ʼn hoop klippe heen - ʼn klip huis deurboor hy.- +As hy vernietig word uit sy plek, dan sal dit hom verloën en sê: Ek het jou nie gesein nie. +Kyk dit is die vreugte van sy lewensweg, en uit die stof spruit daar ander uit! +Kyk, GOd verwerp die vrome nie, en Hy vat die kwaaddoeners nie aan die hand nie. +Terwyl hy jou mond met gelag vervul en jou lippe met gejuig, +sal jou haters met skaamte beklee word, en die tent van die goddelose - veg is dit!