From cc0b3ac08f92104875fbdbc5e9c39c87adaf68c2 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Wed, 26 Apr 2023 15:27:31 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 49:8-21 --- 19/49 | 14 ++++++++++++++ 1 file changed, 14 insertions(+) diff --git a/19/49 b/19/49 index eee04fd..0c57414 100644 --- a/19/49 +++ b/19/49 @@ -5,3 +5,17 @@ My mond sal louter wysheid spreek, en die oordenking van my hart is net verstant Ek sal my oor neig tot ʼn spreuk; ek sal my raaisel verklaar by die siter. Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring - die wat vertrou op hulle vermoë en hulle beroem op die grootheid van hulle rykdom? +Niemand kan ooit ʼn broer loskoop nie; hy kan aan God sy losprys nie gee nie +(want die losprys van hulle siel is te kosbaar en vir ewig ontoereikend!), +dat hy vir ewig sou voortlewe, die vernietiging nie sou sien nie. +Want hy sien: Wyse manne sterwe, die dwaas en die onverstandige kom tesame om en laat hulle vermoë aan ander na. +Hulle binneste gedagte is: hul huise sal vir ewig wees, hul wonings van gesalg tot geslag; hulle noem die lande na hul name. +Maar die mens wat in aansien is, het geen bestand nie; hy is soos die diere wat vergaan. +Dit is die weg van die wat op hulleself vertrou en van hulle volgelinge wat in hulle woorde ʼn behae het. Sela. +Soos skape word hulle bestem vir die doderyk; die dood is hulle herder, en die opregtes heers oor hulle in die môre; en hulle gestalte is daar vir die doderyk om te verteer, sodat daarvoor geen woning meer is nie. +Maar God sal my siel loskoop van die mag van die doderyk, want Hy sal my opneem. Sela. +Wees nie bevrees as ʼn man ryk word, as die rykdom van sy huis groot word nie; +want by sy dood sal hy van alles niks saamneem nie; sy heerlikheid sal nie neerdaal agter hom aan nie. +Al ag hy homself gelukkig in sy lewe - en prys hulle jou, omdat jy aan jouself goed doen - +tog gaan sy siel na die geslag van sy vaders; tot in ewigheid sal hulle die lig sien nie. +Die mens wat in aansien is en geen verstand het nie, is soos die diere wat vergaan.