From cdd4823992f8a01508375f78d1c4502914955b80 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Lemuel van der Merwe Date: Sat, 17 Sep 2022 09:59:34 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Psalms 33:1-22 --- 19/33 | 22 ++++++++++++++++++++++ 1 file changed, 22 insertions(+) create mode 100644 19/33 diff --git a/19/33 b/19/33 new file mode 100644 index 0000000..79d75e7 --- /dev/null +++ b/19/33 @@ -0,0 +1,22 @@ +o Regverdiges,juibel in die HERE! ʼn Loflied betaam die opregtes. +Loof die HERE met die siter; psalmsing Hom met die tiensnarige harp. +Sing Hom ʼn nuwe lied; speel goed met trompetgeklank. +Want die woord van die HERE is reg, en al sy werk is met trou. +Hy het geregtigheid en reg lief; die aarde is vol van die goedertierenheid van die HERE. +Duer die Woord van die HERE is die hemele gemaak en deur die Gees van sy mond hulle hele leër. +Hy versamel die waters van die see soos ʼn hoop; Hy bêre die wêreldvloede weg in skatkamers. +Laat die hele aarde vir die HERE vrees; laat al die bewoners van die wêreld vir Hom bedug wees; +want Hý het gespreek, en dit was; Hý het gebied, en dit staan. +Die HERE vernietig die raad van die nasies, Hy verydel die gedagtes van die volke. +Die raad van die HERE bestaan vir ewig, die gedagtes van sy hart van geslag tot geslag. +Welgeluksalig is die nasie wie se God die HERE is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het. +Die HERE kyk van die hemel af; Hy sien al die mensekinders. +Uit sy vaste woonplek aanskou Hy al die bewoners van die aarde, +Hy wat die hart van hulle almal formeer, wat let op al hul werke. +ʼn Koning word nie verlos deur ʼn groot leer, ʼn held nie gered deur grote krag nie. +Die perd help niks vir die oorwinning en red nie deur sy groot krag nie. +Kyk, die oog van die HERE is op die wat Hom vrees, op die wat op sy goedertierenheid wag; +om hulle siel te red van die dood en hulle in die lewe te hou in hongersnood. +Ons siel wag op die HERE; Hy is ons hulp en ons skild; +want ons hart is bly in Hom, omdat ons op sy heilige Naam vertrou. +Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons net sό wees as ons op U wag!