diff --git a/43/2 b/43/2 new file mode 100644 index 0000000..d1f2a37 --- /dev/null +++ b/43/2 @@ -0,0 +1,12 @@ +En op die derde dag was daar 'n bruilof op Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar. +En Jesus was ook genooi, en sy disiepels, na die bruilof. +En toe daar wyn kort kom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie. +Jesus sê vir haar: Vrou, wat het ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie. +Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen. +En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipwaterkanne gestaan wat elkeen twee of drie ankers hou. +Jesus sê vir hulle: Maak die waterkanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak. +En Hy sê vir hulle: Skep nou uit en bring dit voor die hoofdienaar. En hulle het dit gebring. +En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het-en hy nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet-roep die hoofdienaar die bruidegom +en sê vit hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe bewaar. +Hierdie eerste van sy tekens het Jesus op Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy disiepels het in Hom geglo. +Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy disiepels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.