diff --git a/1/45 b/1/45 new file mode 100644 index 0000000..018a6f3 --- /dev/null +++ b/1/45 @@ -0,0 +1,4 @@ +Toe kon Josef hom nie langer bedwing nie, en hy roep: Laat almal van my af weggaan! En daar het niemand by hom gestaan toe Josef hom aan sy broers bekend gemaak het nie. +Daarop bars hy in trane uit, sodat die Egiptenaars en ook die huis van Farao dit gehoor het. +En Josef sê vir sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. +Verder sê Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle naderkom, sê hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het.