diff --git a/1/41 b/1/41 index 433e2b1..cd84e0a 100644 --- a/1/41 +++ b/1/41 @@ -41,3 +41,17 @@ Jý moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik; alleen Verder sê Farao vir Josef: Kyk, ek stel jou aan oor die hele Egipteland. Toe trek Farao sy seëlring van sy hand af en sit dit aan die hand van Josef; en hy het hom fyn linneklere laat aantrek en die goue ketting om sy hals gehang en hom laat ry op sy twede rytuig; en hulle het voor hom uitgeroep: Kniel! So het hy hom dan oor die hele Egipteland aangestel. +En Farao sê vir Josef: Ek is Farao, maar sonder jou mag niemand sy hand of voet verroer in die hele Egipteland nie. +En Farao het Josef genoem Sáfenat-Panéag en aan hom Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, as vrou gegee. En Josef het uitgetrek oor Egipteland. +En Josef was dertig jaar oud toe hy voor Farao, die koning van Egipte, gestaan het; en Josef het van Farao af weggegaan en die hele Egipteland duergetrek. +En die land het met volle hande opgebring in die sewe jare van oorvloed. +Toe het hy al die voedsel van die sewe jare versamel wat in Egipteland gekom het, en voedsel in die stede weggesit - die voedsel van die land wat rondom elke stad was, het hy daarin weggesit. +So het Josef dan ʼn menigte koring opgehoop soos die sand van die see totdat hulle opgehou het om te tel, want dit was ontelbaar. +En vir Josef is twee seuns gebore - voor die jaar van hongersnood gekom het - wat Ásenat, die dogter van Potiféra, die priester van On, vir hom gebaar het. +En Josef het die eersgeborene Manasse genoem; want, het hy gesê, God het my al my moeite laat vergeet en ook die hele huis van my vader. +En die twede een het hy Efraim genoem; want, het hy gesê, God het my vrugbaar gemaak in die land van my ellende. +Toe het die sewe jare van oorvloed wat daar in Egipteland was, op ʼn end gekom, +en die sewe jare van hongersnood het begin aankom soos Josef voorspel het. En daar was hongersnood in al die lande, maar in die hele Egipteland was daar brood. +En toe die hele Egipteland honger gely, en die volk na Farao geroep het om brood, sê Farao vir al die Egiptenaars: Gaan na Josef, doen wat hy vir julle sê. +En die hongersnood was oor die hele land, en Josef het alles waarin iets was, oopgemaak en aan die Egiptenaars verkoop; en die hongersnood was swaar in Egipteland. +En die hele wêreld het na Josef gekom in Egipte om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde.