Voeg by Psalms 18:36-51

This commit is contained in:
Lemuel van der Merwe 2022-08-19 18:22:23 +02:00 committed by Gitea
parent e8206a6c82
commit ec2eab16e9
1 changed files with 16 additions and 0 deletions

16
19/18
View File

@ -33,3 +33,19 @@ Want wie is God buiten die HERE? en wie is ʼn rots behalwe onse God?
God is dit wat my met krag omgord en my weg volkome maak.
Hy maak my voete soos dié van herte, en laat my staan op my hoogtes.
Hy leer my hande om oorlog te maak, sodat my arms ʼn koperboog span.
Ook het U my die skild van u uitredding gegee, en u regterhand het my ondersteun, en u neerbuigende goedheid het my groot gemaak.
U het my voetstap ruim gemaak onder my, en my enkels het nie gewankel nie.
Ek het my vyande agtervolg en hulle ingehaal, en ek het nie teruggekom voordat ek hulle vernietig het nie.
Ek het hulle verbrysel, sodat hulle nie kon opstaan nie; hulle het geval onder my voete.
En U het my met krag omgord vir die stryd; U het my teëstanders onder my laat buk.
En U het my vyande vir my laat vlug; en my haters, dié het ek vernietig.
Hulle het geroep om hulp, maar daar was geen verlosser nie - tot die HERE, maar Hy het hulle nie geantwoord nie.
Toe het ek hulle vermaal soos stof voor die wind; ek het hulle uitgegooi soos modder van die strate.
U het my gered uit die twiste van die volk; U het my ʼn hoof gemaak van nasies; ʼn volk wat ek nie geken het nie, het my gedien.
Sodra hulle van my gehoor het, was hulle my gehoorsaam; uitlanders het al kruipende na my gekom.
Uitlanders word kragteloos, en kom al sidderende uit hulle vestings.
Die HERE leef! en geloof sy my rots, en laat verhoog wees die God van my heil!
Die God wat my die wraak gee en volke aan my onderwerp;
wat my red van my vyande; ja U verhef my bo my teëstanders; U bevry my van die man van geweld.
Daarom wil ek U loof, o HERE, onder die nasies, en u Naam wil ek psalmsing;
U wat die verlossinge van u koning groot maak en goedertierenheid bewys aan u gesalfde, aan Dawid en aan sy nageslag tot in ewegheid.