From ecf7a208de4e1c68e7b75e83a7e1c0f21cd5b91b Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Tue, 13 Sep 2022 11:30:50 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 35:11-29 --- 1/35 | 19 +++++++++++++++++++ 1 file changed, 19 insertions(+) diff --git a/1/35 b/1/35 index e2a32db..d8af053 100644 --- a/1/35 +++ b/1/35 @@ -8,3 +8,22 @@ en hy het daar ʼn altaar gebou en die plek El Bet-el genoem, omdat God daar aan En Debora, die oppaster van Rebbeka, het gesterwe, en sy is begrawe onderkant Bet-el, onder die eikeboom. En hulle het dit genoem: Eik van geween. Toe verskyn God weer aan Jakob, by sy terugkoms uit Paddan-Aram, en Hy seën hom; en God sê vir hom: Jou naam is Jakob; jy sal verder nie Jakob genoem word nie, maar Israel sal jou naam wees. En Hy het hom Israel genoem. +Verder sê God vir hom: Ek is God, die Almagtige. Wees vrugbaar en vermeerder. ʼn Nasie, ja ʼn menigte van nasies, sal van jou afstam wees, en konings sal uit jou lende voortkom. +En die land wat Ek aan Abraham en Isak gegee het, sal Ek aan jou gee; en aan jou nageslag ná jou sal Ek die land gee. +Toe het God van hom af opgevaar op die plek waar Hy met hom gespreek het. +En Jakob het ʼn gedenksteen opgerig op die plek waar Hy met hom gespreek het, ʼn gedenksteen van klip, en daarop ʼn drankoffer uitgegiet en olie daarop gegooi. +En Jakob het die plek waar God met hom gespreek het, Bet-el genoem. +Daarna het hulle van Bet-el af weggetrek. En toe daar nog ʼn kort end pad was om by Efrat te kom, moes Ragel baar; en sy het swaar gehad by die bevalling. +En terwyl sy dit swaar het by die bevalling, sê die vroedvrou vir haar: Wees nie bevrees nie, want jy het ook dié keer ʼn seun. +En toe haar siel uitgaan - want sy het gesterwe - noem sy hom Ben-Oni. Maar sy vader het hom Benjamin genoem. +So het Ragel dan gesterwe; en sy is begrawe op die pad na Efrat, dit is Betlehem. +En Jakob het ʼn gedenksteen op haar graf opgerig; dit is die gedenkteken van die graf van Ragel tot vandag toe. +En Israel het weggetrek en sy tent opgeslaan aan die anderkant van Migdal-Eder. +En terwyl Israel in dié land woon, het Ruben gegaan en met Bilha, sy vader se bywyf, gemeenskap gehad. En Israel het dit gehoor. En die seuns van Jakob was twaalf. +Die seuns van Lea was: Ruben, die eersgeborene van Jakob, daarna Símeon en Levi en Juda en Íssaskar en Sébulon. +Die seuns van Ragel: Josef en Benjamin. +En die seuns van Bilha, die slavin van Ragel: Dan en Náftali. +En die seuns van Silpa, die slavin van Lea: Gad en Aser. Dit is die seuns van Jakob wat vir hom in Paddan-Aram gebore is. +En Jakob het by sy vader Isak gekom in Mamre, by Kirjat-Arba, dit is Hebron, waar Abraham as vreemdeling vertoef het, en ook Isak. +En die dae van Isak was honderd en tagtig jaar. +En Isak het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is by sy volksgenote versamel, oud en afgeleef. En sy seuns Esau en Jakob het hom begrawe.