From f0591ba6ad354604682a2090638f427270a255e7 Mon Sep 17 00:00:00 2001 From: Hannah van der Merwe Date: Mon, 24 Oct 2022 09:30:39 +0200 Subject: [PATCH] Voeg by Genesis 40:16-23 --- 1/40 | 8 ++++++++ 1 file changed, 8 insertions(+) diff --git a/1/40 b/1/40 index 13fe16b..0a9149f 100644 --- a/1/40 +++ b/1/40 @@ -13,3 +13,11 @@ Toe antwoord Josef hom: Dit is die uitlegging daarvan: die drie lote is drie dae Binne drie dae sal Farao jou hoof verhef - jou in jou rank herstel; en jy sal die beker van Farao in sy hand gee net soos vroeër toe jy sy skinker was. Hou my tog net in gedagte as dit met jou goed gaan en bewys my ʼn guns en maak melding van my by Farao en sorg dat ek uit hierdie huis uitkom; want ek is gesteel, ja gesteel, uit die land van die Hebreërs, en ek het hier ook niks gedoen nie alhoewel hulle my in die gevangenis gesit het. +Toe die voorman van die bakkers sien dat hy ʼn gunstige uitlegging gegee het, sê hy vir Josef: Ook in mý droom - toe was daar drie mandjies met witbrood op my hoof, +en in die boonste mandjie was allerhande eetware vir Farao deur bakkers klaargemaak, en die voëls het dit uit die mandjie bo-op my hoof weggepik. +Toe antwoord Josef en sê: Dit is die uitlegging daarvan - die drie mandjies is drie dae. +Binne drie dae sal Farao jou hoof bo-oor jou verhef - hy sal jou aan ʼn paal ophang, en die voëls sal jou vlees van jou af wegpik. +En op die derde dag, die verjaarsdag van Farao, het hy ʼn maaltyd vir al sy dienaars gemaak en die hoof van die voorman van die skinkers en die hoof van die voorman van die bakkers onder sy dienaars verhef - +hy het die voorman van die skinkers herstel in sy skinkersamp, sodat hy die beker in die hand van Farao kon gee, +maar die voorman van die bakkers het hy opgehang - soos Josef dit hulle uigelê het. +En die voorman van die skinkers het nie aan Josef gedink nie, maar hom vergeet.