Vir die musiekleier; met fluite. ʼn Psalm van Dawid. o HERE, luister na my woorde, let op my versugting. Gee ag op die stem van my hulpgeroep, my Koning en my God, want tot U bid ek. In die môre, HERE, sal U my stem hoor; in die môre sla ek dit aan U voorlê en afwag. Want U is nie ʼn God wat behae het in goddeloosheid nie; die kwaaddoenersal by U nie vertoef nie. Die onsinniges sal voor u oë nie stand hou nie; U haat al die werkers van ongeregtigheid. U sal die leuensprekers laat omkom; van die man van bloed en bedrog het die HERE ʼn afsku. Maar ek, deur die grootheid van u goedertierenheid mag ek in u huis ingaan my buig na u heilige paleis, in u vrees. HERE, lei my in u geregtigheid om my vyhande ontwil; maak u weg voor my reg. Want in hulle mond is niks vertroubaars nie; hulle binneste bring onheil; hulle keel is ʼn oop graf; hulle maak hul tog glad. Verklaar hulle skuldig, o God! Laat hulle val deur hul planne; dryf hulle weg oor die menigte van hul oortredinge, want hulle is wederstewig teen U. Maar laat hulle almal bly wees wat by U skuil; laat húlle vir ewig jubel, en beskut U hulle; en laat U juig die wat u Naam liefhet. Want Ú seën die regverdige, o HERE, U omring hom met welbehae soos met ʼn skild.