Afrikaans-1933/1/26

36 lines
4.5 KiB
Plaintext

En daar wsa ʼn hongersnoot in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar.
En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal wys.
Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie land gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek jou vader Abraham gesweer het.
En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag hierdie land gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
omdat Abraham na my stem geluister en my ordening, my gebooie, my insettinge en my wette onderhou het.
So het Isak dan in Gerar gebly.
En toe die manne van die plek hom na sy vrou vra, aantwoord hy: Sy is my suster. Want hy was bang om te sê: My vrou - anders sal die manne van die plek, so het hy gedink, my miskien dood maak terwille vir Rebekka; want sy was mooi van aansien.
En toe hy al ʼn lang tyd daar was, kyk Abiméleg, die koning van die Filistyne, duer ʼn venster uit en sien hoe Isak speel met Rebekka, sy vrou.
Daarop roep Abiméleg Isak en sê: Kyk, sy is dan tog jou vrou! Hoe kon jy dan verklaar: Sy is my suster? En Isak antwoord hom: Ek het gedink, ek kan miskien om haar ontwil my lewe verloor!
En Abimëleg sê: Wat het jy ons aangedoen? Hoe maklik kon een van die mense met jou vrou gemeenskap gehad, en jy ʼn skuld oor ons gebring het!
Daarop gee Abimëleg bevel aan die hele volk en sê: Wie hierdie man of sy vrou aanraak, sal sekerlik doodgemaak word.
Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar hondervoudig gewen, want die Here het hom geseën.
En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was:
hy het troppe kleinvee en beeste gehad, en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het.
En al die putte wat die dienaars van sy vader, in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, dit het die Filistyne toegestop en dit met grond opgevul.
Toe sê Abiméleg vir Isak: Trek weg van ons, want jy het vir ons te magtig geword.
Daarop het Isak daarvandaan wegetrek en laer opgeslaan in die dal Gerar en daar bly woon.
En Isak het die putte weer oopgegrawe wat hulle in die dae van sy vader Abraham gegrawe het, en wat die Filistyne ná die dood van Abraham toegestop het, en dit genoem na die name wat sy vader daaraan gegee het.
En terwyl die dienaars van Isak in die dal grawe, kry hulle daar ʼn put met lewendige water.
En die herders van Gerar het getwis met die herders van Isak en gesê: Dit is όns water. Daarom het hy die put Esek genoem, omdat hulle met hom onenigheid gehad het.
Daarop grawe hulle ʼn ander put, en daaroor het hulle ook getwis. Daarom het hy dit Sitna genoem.
Toe het hy daarvandaan versit en ʼn ander put gegrawe, en daaroor is nie getwis nie. Daarom het hy dit Rehoböt genoem en gesê: Ja, nou het die HERE vir ons ruimte gemaak en kan ons vrugbaar wees in die land.
Daarnaa het hy daarvandaan opgetrek na Berséba.
En die HERE het aan hom in dieselfde nag verskyn en gesê: Ek is die God van Abraham, jou vader. Moenie bang wees nie, want Ek is met jou; en Ek sal jou seën en jou nageslag vermeerder terwille van Abraham, my kneg.
Toe bou hy daar ʼn altaar, en hy het die Naam van die HERE aangeroep en sy tent opgeslaan; en die dienaars van Isak het daar ʼn put gegrawe.
Daarop kom Abiméleg na hom van Gerar af, saam met Ahussat, sy vriend, en Pigol, sy leërowerste.
En Isak sê vir hulle: Waarom het julle na my gekom terwyl julle my haat en my van julle weggestuur het?
Toe aantwoord hulle: Ons het duidelik gesien dat die HERE met jou is. Daarom het ons gedink: Laat daar tog ʼn eed tussen ons wees, tussen ons en jou; en laat ons ʼn verbond met jou maak:
Jy moet ons geen kwaad doen nie, net soos ons jou nie aangeraak en aan jou niks as goed gedoen het nie en jou in vrede weggestuur het. Jy is nou eenmaal die geseënde van die HERE.
Toe maak hy vir hulle ʼn maaltyd klaar, en hulle het geëet en gedrink.
En hulle was die môre vroeg op en het vir mekaar gesweer. Daarop het Isak hulle laat gaan, en hulle het in vrede van hom af weggetrek.
Dieselfe dag kom toe die dienaars van Isak en vertel hom van die put wat hulle gegrawe het, en sê vir hom: Ons het water gekry.
En hy het dt Seba genoem. Daarom is die naam van die stad Berséba tot vandag toe.
Toe Esau veertig jaar oud was, het hy Judit, die dogter van Beëri, die Hetiet, vir hom as vrou geneem, en Basmat, die dogter van Elon, die Hetiet.
En hulle was vir Isak en Rebekka ʼn bitter verdriet.