Afrikaans-1933/1/30

44 lines
5.0 KiB
Plaintext

En toe Ragel sien dat sy vir Jakob geen kinders baarnie, het Ragel haar suster beny an vir Jakob gesê: Gee vir my kinders of anders sterf ek.
Toe het Jakob kwaad geword vir Ragel en gevra: Is ek in die plek van God wat die vrug van die skoot aan jou onthou het?
En sy antwoord: Daar is my slavin Bilha; gaan by haar in, dat sy op my knieë kan baar, en ek ook uit haar gebou kan word.
Daarop het sy aan hom haar slavin Bilha as vrou gegee. en Jakob het by haar ingegaan.
En Bilha het swanger geword en vir Jakob ʼn seun gebaar.
Toe sê Ragel: God het my aan my reg verskaf en my ook verhoor en my ʼn seun gegee. Daarom het sy hom Dan genoem.
En Bilha, die slavin van Ragal, het weer bevrug geword en vir Jakob ʼn tweede seun gebaar.
Toe sê Ragel: Ek het worstelinge van God met my suster geworstel en ook oorwin. En sy het hom Náftali genoem.
En toe Lea sien dat sy opgehou het met baar, neem sy haar slavin Silpa en gee haar aan Jakob as vrou.
En Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ʼn seun gebaar.
Toe sê Lea: Gelukkig! En sy het hom Gad genoem.
Daarna het Silpa, die slavin van Lea, het vir Jakob ʼn tweede seun gebaar.
Toe sê Lea: Ek, gelukkige! Want die dogters sal my prys. En sy het hom Aser genoem.
En Ruben het in die dae van die koringoes gegaan en in die veld liefdesappels gekry en dit na sy moeder Lea gebring. Toe sê Ragel vir Lea: Gee my tog van jou seun se lifdesappels.
Maar sy antwoord haar: Is dit nie genoeg dat jy my man geneem het dat jy ook my seun se liefdesappels wil neem nie? En Ragel sê: Daarom mag hy vir jou seun se liefdesappels vannag by jou slaap.
Toe Jakob dan die aanduit die veld kom, geen Lea hom tegemoet met die woorde: Jy moet na mý kom, want ek het jou eerlik gehuur vir my seun se liefdesappels. En hy het dié nag by haar geslaap.
En God het verhoor: sy het bevrug geword en vir Jakob ʼn vyfde seun gebaar.
Toe sê Lea: God het my loon gegee, omdat ek my slavin aan my man gegee het. En sy het hom Issaskar genoem.
En Lea het weer bevrug geword en vir Jakob ʼn sesde seun gebaar.
Toe sê Lea: God het ʼn mooi geskenk aan my gegee; nou sal my man eindelik by my woon, want ek het vir hom ses seuns gebaar. En sy het hom Sébulon genoem.
En daarna het sy ʼn dogter gebaar en haar Dina genoem.
En God het aan Ragel gedink, en God het haar verhoor en haar skoot geopen:
sy het bevrug geword en ʼn seun gebaar. Toe sê sy: God het my smaad weggeneem.
En sy het hom Josef genoem en gesê: Mag die HERE vir my ʼn ander seun daar byvoeg!
En nadat Ragel Josef gebaar het, sê Jakob vir Laban: Laat my trek, dat ek na my woonplek en my land kan gaan.
Gee my vroue en my kinders waarvoor ek u gedien het, dat ek kan gaan; want u weet self hoe ek u gedien het.
Daarop antwoord Laban hom: As ek guns in jou oë gevind het - Ek het duer tekens uitgevind dat die HERE my om jou ontwil geseën het.
Verder sê hy: Bepaal vir my jou loon, en ek sal dit gee.
Toe antwoord hy hom: U weet self hoe ek u gedien het, en wat u vee by my geword het.
Want min was dit wat u vόόr my gehad het, en dit het sterk vermeerder; en die HERE het u geseën op mu voetspoor. Wanneer sal ek dan nou ook vir my huis werk?
En hy vra: Wat moet ek jou gee? Toe antwoord Jakob: U hoef my niks te gee nie. As u hierdie ding vir my wil doen, dan wil ek weer u kleinvee oppas, ja versorg -
ek sal vandag deur al u kleinvee duer - gaan an daaruit al die gestippelde en bont vee uitkeer: al die vee onder die skaaplammers wat swart aan hulle het, en die bontes en gestippeldes onder die bokke, dit moet my loon wees.
En my regverdigheid sal later vír my getuig: as u kom met betrekking tot my loon wat voor u is, dan sal alles wat nie gestipple of bont is onder die bokke, en wat nie swart aan hulle het onder die skaaplammers nie, gesteelde goed by my wees.
Toe antwoord Laban: Goed, laat dit wees volgens jou woord!
En hy het dieselfde dag uitgekeer die gestreepte en bont bokke en al die gestippelde en bont bokooie, almal wat wit aan hulle gehad het, en almal wat swart aan hulle gehad het onder die skaaplammers, en dit aan sy seuns afgegee.
En hy het ʼn afstandvan drie dae bepaal tussen hom en Jakob; en Jakob het die orige klienvee van Laban opgepas.
Toe neem Jakob vir hom groen latte van populier-, amendel- en plataanhout, en hy skil daarin wit strepe, sodatdie wit van die latte uitkom;
en hy sit die latte wat hy geskil het vlak voor die vee in die trogge in die drinkbakke waar die vee kom drink het; en hulle het verhit geword as hulle kom drink.
En die vee het verhit geword by die latte, en die vee het gelam gestreeptes, gestippeldes en bontes.
Toe skei Jakob die lammers, en hy draai die koppe van die vee na die gestreeptes en almal wat swart aan hulle het onder Laban se vee. En hy het vir hom aparte troppe gemaak en dit nie onder Laban se vee gesit nie.
En elke keer as die sterkste diere verhit word, sit Jakob die latte voor die oë van die vee in die trogge, sodat hulle verhit word by die latte.
Maar as die vee swakkerig was, het hy dit nie ingesit nie; so was dan die swakkes vir Laban en die sterkes vir Jakob.
En die man het buitegewoon uitgebrei en baie kleinvee en slavinne en slawe en kamele en esels gehad.