Afrikaans-1933/19/13

7 lines
568 B
Plaintext

Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid.
Hoelank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoelank sal U vir my u aangesig verberg?
Hoelank sal ek planne beraam in my siel, met kommer in my hart oor dag? Hoelank sal my vyhand hom oor my verhef?
Aanskou tog, verhoor my, HERE, my God! Verlig my oë, sodat ek in die dood nie inslaap nie;
sodat my vyhand nie kan sê: Ek het hom oorwin nie, en my teëstanders nie juig as ek wankel nie.
Maar ek - op u goedertierenheid vertrou ek; my hart sal juig oor u heil. Ek wil sing tot eer van die HERE, omdat Hy aan my goed gedoen het.