Afrikaans-1933/19/4

10 lines
829 B
Plaintext

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente.ʼn Psalm van Dawid.
As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!
o Manne, hoelank sal julle my eer tot skande wees? hoelank sal julle die nietegheid liefhê, die leuen soek? Sela.
Weet tog dat die HERE vir Hom ʼn gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.
Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.
Offer offerhandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.
Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van U aangesig, o HERE!
Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.
Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.