Afrikaans-1933/19/6

12 lines
878 B
Plaintext

Vir die musiekleier; met snaarinstrumente; met basstem. ʼn Psalm van Dawid.
o HERE, straf my nie in u toorn nie en kasty my nie in u grimmigheid nie.
Wees my genadig, HERE, want ek is verswak; maak my gesond, HERE, want my gebeente is verskrik.
Ja, my siel is baie verskrik; en U, HERE, tot hoelank?
Keer terug, HERE, red my siel; verlos my om u goedertierenheid ontwil.
Want in die dood word aan U nie gedink nie; wie sal U loof in die doderyk?
Ek is moeg van my gesug; elke nag laat ek my bed swem; ek deurwenk my bed met my trane.
My oog het dof geword van verdriet; dit het oud geword vanweë al my teëstanders.
Gaan weg van my, al julle werkers van ongeregtigheid, want die HERE het die stem van my geween gehoor.
Die HERE het my smeking gehoor; die HERE neem my gebed aan.
Al my vyhande sal beskaamd staan en baie verskrik word; hulle sal in ʼn oomblik beskaamd omdraai.