Afrikaans-1933/19/8

11 lines
844 B
Plaintext

Vir die musiekleier; op die Gittiet. ʼn psalm van Dawid.
o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gele het op die hemele.
Uit die mond van die kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontvil, om die vyhand en wraakgierige stil te maak.
As ek die hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het-
wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?
U het hom ʼn weinig minder gemaak as ʼn goddelike wese en hom met eer ne heerlikheid gekroon.
U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gesit:
skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld;
die voëls van die hemel en die visse van die see - wat trek deur die paaie van die see.
o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!