Afrikaans-1933/3/1

18 lines
2.5 KiB
Plaintext

En die Here het Moses geroep en met hom gespreek uit die tent van samekoms en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As iemand van julle aan die HERE ʼn offer wil bring, dan kan julle juloffer bring van vee-van beeste of van kleinvee.
As sy offer ʼn brandoffer is van beeste, dan moet die ʼn bul wees sonder gebrek wat hy bring. By die ingang van die tent van samekoms moet hy dit bring, sodat hy welgevalle voor die aangesig van die HERE kan vind.
En hy moet sy hand op die kop van die brandoffer lê, dan sal dit vir hom met welgevalle aangeneem word om versoening vir hom te doen.
Dan moet hy die jong bul voor die aangesig van die HERE slag; en die seun van Aäron, die priesters, moet die bloed offer en die blood rondom teen die altaar uitgegooi wat by die ingang van die tent van samekoms is.
Dan moet hy die brandoffer afslag en dit in sy stukke verdeel.
En die seuns van Aäron, die priester, moet vuur neersit op die altaar en hout op die vuur reglê.
Ook moet die seuns van Aäron, die priesters, die stukke, die kop en die vet reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Maar die binneged en die pote moet hy met water was, en die priester moet die alles op die altaar aan die brand steek as brandoffer, ʼn vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
En as sy offer ʼn stuk kleinvee is, van skape of van bokke, as brandoffer, dan moet die ʼn ram wees sonder gebrek wat hy bring.
En hy moet dit slag aan die noordekant van die altaar, voor die aangesig van die HERE; en die seuns van Aäron, die priesters, moet die bloed rondom teen die altaar uitgooi.
Daarna moet hy idt in sy stukke verdeel, met die kop en die vet, en die priester moet die reglê op die hout wat op die altaarvuur is.
Maar die binnegoed en die pootjies moet hy met water was, en die priester moet dit alles offer en op die altaar aan die brand steek; ʼn brandoffer is dit, ʼn vuuroffer van lieflikke geur aan die Here.
En as sy offer aan die HERE ʼn is vn voëls, dan moet hy sy offer bring van tortelduiwe of van jong duiwe.
En die priester moet die na die altaar bring en die kop afknyp en op die altaar aan die brand steek, en die bloed moet teen die kant van die altaar uitgedruk word.
Dan moet hy die krop met die vere daarvan verwyder en dit by die altaar gooi, aan die oostekant, op die asplek.
Dan moet hy dit by die vlerke skeur sonder om hulle af te trek; en die priester moet dit op die altaar aan die brand steek, op die hout wat oor die vuur is; ʼn brandoffer is dit, ʼn vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.