Afrikaans-1933/3/14

58 lines
7.8 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die wet van die malaatse op die dag van sy reiniging. Hy moet na die priester gebring word,
en die preister moet buitekant die laer gaan. As die priester sien dat die plaag van melaatsheid genees is, van die melaatse weg is,
dan moet die priester bevel gee dat hulle vir hom wat gereinig moet word, twee lewendige rein voëls en sederhout en skarlaken stof en hisop moet bring.
Die preister moet ook bevel gee dat hulle die een voël in ʼn erdeopt oor vars water slag.
Die lewendige voël moet hy neem, sowel as die skarlaken stof en die hisop, en dit en die lewendige voël insteek in die bloed van die voël wat oor die vars water geslag is.
En hy moet op hom wat van die melaatsheid gereinig moet word, sewemaal sprinkel en hom reinig, en die lewendig voël moet hy oor die oop veld laat wegvleig.
Dan moet hy wat gereinig word moet word, sy klere was en al sy hare afskeer en ʼn bad neem; dan sal hy rein wees. En daarna kan hy in die laer kom, maar hy moet sewe dae lank buitekant sy tent bly.
En op die seweend dag moet hy al sy hare afskeer, sy hoof en sy baard en sy winkbroue-al sy hare moet hy afskeer; en hy moet sy klere was en sy leggaam in die water bad, Dan sla hy rein wees.
En op die agster dag moe thy twee lammers sonder gebrek neem en een jaaroud-ooilam sonder gebrek en drie tiendes van ʼn efa fynmeel as spysoffer, met olie gemeng, en een log olie.
En die priester wat die reiniging bewerk, moet die man wat gereinig word, en dié gawes voor die aangesig van die HERE by die ingang vna die tent van samekoms opstel.
En die priester moet die een lam neem en dit saam met die log olie as skuldoffer aanbring en dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet hy die lam slag op die plek waar hulle die sondoffer en die brandoffer slag, in die heilige plek; want die skuldoffer net soos die sondoffer behoort aan die priester; hoogheilig is dit.
En die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem, en die priester moet dit stryk aand die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoom van sy regtervoet.
Die priester moet ook van die log olie neem en dit giet en die priester se linkerhand.
Dan moet die priester sy regtervinger in die olie steek wat in sy linkerhand is, en met sy vinger van die olie sewemaal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En van die orige olie in sy hand is, moet die priester stryk aan die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-op die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word. So moet die priester dan vir hom versoening doen voor die aangesg van die HERE.
Die priester moet ook die sondoffer klaarmaak en vir hom gereinig word, versoening doen weens sy onreinheid; en daarna moet hy die brandoffer slag.
En die priester moet die brandoffer en die spysoffer op die altaar offer. So moet die priester dan vir hom versoening doen, en hy sal rein wees.
Maar as hy arm is en dit nie kan bekostig nie, dan moet hy een lam as skuldoffer neem om beweeg te word, om vir hom versoening te doen; daarby een tiende van ʼn efa fynmeel met die olie gemeng as spysoffer, en ʼn log olie;
ook twee totelduiwe of twee jongduiwe-wat hy kan bekostig; en die een sal wees ʼn sondoffer en die ander ʼn brandoffer.
Hy moet hulle dan op die agste dag ná sy reiniging na die priester bring by die ingang van die tent van samekoms voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet die skuldofferlam en die log olie neem; en die priester moet dit as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg.
Dan moet hy die skludofferlam slag, rn die priester moet van die bloed van die skuldoffer neem en dit stryk aand ie regeter oor-lap van hom wat gereining word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet.
Ook moet die priester van die olie in die priester se linkerhand giet.
Dan moet die priester met sy regtervinger van die olie wat in sy linkerhand is, sewemaal sprinkel voor die aangesig van die HERE.
En die priester moet van die olie wat in sy hand is, stryk aan die regter-oorlap van hom wat gereinig word, en aan die duim van sy regterhand en aan die groottoon van sy regtervoet, bo-op die plek van die bloed van die skuldoffer.
Wat dan oor is van die olie wat in die priester se hand is, moet hy stryk op die hoof van hom wat gereinig word, om versoening vir hom te doen voor die aangesig van die HERE.
Dan moet hy een van die tortelduiwe klaarmaak of van die jong duiwe wat hy kan bekostig-
wat hy kan bekostig, die een as sondoffer en die ander as brandoffer, saam met die spysoffer. So moet die priester dan vir hom gereinig word, versoening doen voor die aangesig van die HERE.
Dit is die wet vir hom op wie die plaag van melaatsheid was, wat by sy reiniging nie vermoënd is nie.
Verder het die HERE met MOses en Aäron gespreek en gesê:
As julle in die land Kanaän inkom wat Ek julle as besitting gee, en Ek die plaag van melaatsheid in ʼn huid van die land van julle besitting laat kom,
dan moet hy aan wie die huis behoort, kom en aan die priester te kenne geen en sê: Dit lyk my of daar ʼn plaag in die huis is.
En die priester moe bevel gee dat hulle die huis ontruim voordat die priester die plaag hom bekyk, sodat alles wat in die huis is, nie onrein word nie; en daarna moet die priester kom om die huis te bekyk.
As die plaag bekyk en sien dat die plaag aan die mure van die huis is soos liggroen of rooierige kuiltjies, en hulle dieper lyk was die muur,
dan moet die priester uit die huis uitgaan na die deur van die huis en die huise sewe dae lank toesluit.
Op die sewende dag moet die priester dan terugkom; sien hy dan die plaag aan die mure van die huis versprei het,
dan moet die priester bevel gee dat hulle die klippe uitbreek waaraan die plaag is, en dit buitekant die stad op ʼn onrein plek gooi.
En die huis moet hulle binnekant rondom afgekrap het, buitekant die stad op ʼn onrein plek weggooi.
Dan moe thulle ander klippe neem en in die plek van daardie klippe insit, en hulle moet ander klei neem en die huis pleister.
Maar as die plaag weer in die huis iutbrek nadat hulle die klippe uitgebreek en die huis afgekrap het en die gepleister is,
dan moet die priester kom; en as hy sien dat die plaag in die huis versprei het, dan is dit ʼn kwaadaardige melaatsheid in die huis dit is onrein.
Daarom moet hulle die huis afbreek: sy klippe en sy hout en al die klei van die huis, en hulle moet dit buitekant die stad op ʼn onrein plek uitbring.
En hy wat in die huis kom, al die tyd dat hulle dit toegesluit hou, sal tot die aand toe onrein wees.
En hy wat in die huis slaap, moet sy klere was; en hy wat in die huis eet, moet sy klere was.
Maar as die priesterkom en sien dat die plaag nie in die huis versprei het nie nadat die huis gepleister is, dan moet die priester die huis rein verklaar, want die aangetaste plek het gesond geword.
Dan moet hy om die huis te ontsondig twee voëls neem en sederhout en skarlaken stof en hisop,
en die een voël in ʼn erdepot oor vars water slag.
Dan moet hy die sederhout en die hisop en die skarlaken stof en die lewendige voël neem en dit in die bloed van die geslagte voël en in die vars water insteek; en hy moet die huis sewemaal besprinkel.
So moet hy dan die huis die huis ontsondig moet die bloed van die voël sowel as met die vars water en die lewendige voël en die sederhout en die hisop en die skarlaken stof.
Daarop moet hy die lewendige voël buitekant die stad oor die oop veld laat wegvlieg. So dan moet hy vir die huis versoening doen, en dit sal rein wees.
Dit is die wet oor elke plaag van melaatsheid en oor skurfte
en oor melaatsheid van klere en huise
en oor swelsels en uitslag en ligte vlekke,
om te onderrig waneer iets onrein en iets wanneer iets rein is. Dit is die wet oor die melaatsheid.