Afrikaans-1933/3/16

35 lines
5.6 KiB
Plaintext

En die HERE het met Moses gespreek ná die dood van die twee seuns van Aäron toe hullenadergekom het voor die aangesig van die HERE en gesterf het;
en die HERE het vir Moses gesê: Spreek met jou broer Aäron dat hy nie enige tyd moet ingaan in die heiligdom nie, binnekant die voorhangsel, voor die versoendeksel wat op die ark is, sodat hy nie sterwe nie; want Ek verskyn in die wolk op die versoendeksel.
Hiermee moet Aäron in die heiligdom ingaan, met ʼn jong bul as sondoffer en ʼn ram as brandoffer.
Hy moet ʼn heilige linnerok aantrek en ʼn linnebroek moet oor sy vlees wees en met ʼn linnegordel moet hy hom gord en ʼn linnetulband moet op sy hoof wees. Dit is ʼn heilige klere; en hy moet sy liggaam in die water bad en dit aantrek.
En van die vergadering van die kinders van Israel moet hy twee bokramme as sondoffer en een ram as en een ram as brandoffer neem.
Dan moet Aäron die sondofferbul wat vir hom bedoel is, aanbring en vir hom en sy huis versoening doen.
Hy moet ook die twee bokke neem en hulle voor die aangesig van die HERE stel by die ingang van die tent van samekoms.
En Aäron moet oor die twee bokke die lot werp, een lot vir die HERE een een lot vir Asásel.
Dan moet Aäron die bok aanbring waar die lot vir die HERE op gekom het, en hom as sondoffer klaarmaak;
maar die bok waar die lot vir Asásel op gekom het, moet lewendig voor die aangesig van die HERE gestel wrod om oor hom versoening te bewerk, om hom vir Asásel na die woestyn te stuur.
Aäron moet dan die sondofferbul wat vir hom bedoel is, laat aankom en vir hom en sy huis versoening doen; hy moet die sondofferbul slag vir hom bedoel is,
en die vuurpan volgloeiende kole van die altaar voor die aangesig van die HERE wegneem; daarby twee hande vol fyngestampte reukwerk van speserye en dit binnekant die voorhangsel bring.
En hy moet die reukwerk op die vuur lê voor die aangesig van die HERE, dat die wolk van die reukwerk die versoendeksel wat op die Getuienis is, kan oordek, sodat hy nie sterwe nie.
En hy moet die bloed van die bul neem en met sy vinger op die versoendeksel aan die oostekant sprinkel; en voor die vesoendeksel moet hy sewemaal met sy vinger van die bloed sprinkel.
Dan moet hy die sondofferbok slag wat vir die volk bedoel is, en sy bloed binnekant die voorhangsel bring en met sy bloed doen soos hy met die bloed van die bul gedoen het: hy moet dit sprinkel op die versoendeksel en voor die versoendeksel.
So moet hy dan vir die heiligdom versoening doen vanweë die onreinhede van die kinders van Israel en vanweë hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; so moet hy dit ook doen vir die tent van samekoms wat by hulle onder hulle onreinhede woon.
En niemand mag in die tent van samekoms wees as hy ingaan om in die heiligdom versoening te doen voordat hy uitkom nie. So moe thy dan versoening doen vir hom en vir sy huis en vir die hele vergadering van Israel.
Dan moet hy na die altaar uitgann wat voor die aangesig van die HERE is en daarvoor versoening doen: hy moet van die bloed van die bul en van die bok neem en dit rondom die horings van die altaar stryk
en met sy vinger van die bloed sewemaal daarop sprinkel. So moet hy dit dan reinig en heilige van die onreinhede van die kinders vna Israel.
En as hy klaar versoening gedoen het vir die heiligdom en die tent van samekoms en die altaar, dan moe thy die lewendige bok laat aankom;
en Aäron moet sy twee hande op die kop van die lewendige bok lê en oor hom belydenis doen van al die ongeregtighede van die kinders van Israel en al hulle oortredinge, wat hulle sondes ook al mag wees; en hy moet dié op die kop van die bok lê en hom deur ʼn man wat gereed staan, na die woestyn toe stuur.
So moet dan die bok op homself al die ongeregtighede na ʼn woeste land wegdra; en hy moet die bok in die woestyn los.
Dan moet Aäronin die tent van samekoms ingaan en die linneklere uittrek wat hy aangetrek het to hy in die heiligodm ingegaan het, en dit daar neerlê.
EN hy moet sy liggaam op ʼn heilige plek in die water bad en sy klere aantrek. Dan moet hy uitgaan en sy brandoffer en die brandoffer van die volk klaarmaak om vir hom en vir die volk versoening te doen.
Ook moet hy die vet van die sondoffer op die altaar aan die brand steek.
En hy wat die bok vir Asásel weg gedrywe het, moet sy klere was en sy ligam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
Maar die sondofferbul en die sondofferbok waarvan die bloed ingebring is om versoening te doen in die heiligdom moet hullebuitekant die laer uitbring; en hulle velle, hulle vleis en hulle mis moet met vuur verbrand word.
En hy wat dit verbrand, moet sy klere was en sy liggaam in die water bad; en daarna mag hy in die laer kom.
En idt moet vir julle ʼn ewige insetting wees: in die sewende maand, op die tiende van die maand, moet julle jul verootmoedig en geen werk gedoen nie- die kind van die land sowel as die vreemdeling wat onder julle vertoef.
Want op hierdie dag moet hy vir julle versoening doen om julle te reinig; van al hulle sondes moet julle voor die aangesig van die HERE rein word.
ʼn Dag van volkome rus moet dit vir julle wees, en julle moet julle verootmoedig. Dit is ʼn ewige insetting.
En die priester wat sal gesalf en aangestel word om in die plak van sy vader die priesteramp bedien, moet di eversoening doen; en hy moet die linneklere, die heilige klere, aantrek.
en versoening doen vir Allerheilgste; ook moet hy vir die tent van samekoms en die altaar versoening doen, en vir die priesters en vir die hele vok van die vergadering moet hy versoening doen.
En dit moet vir julle ʼn ewige insetting wees vir die kinders van Israel weens al hulle sondes eenmaal in die jaar versoening te doen. En hy het gedoen soos die HERE Moses beveel het.