Afrikaans-1933/3/17

17 lines
2.6 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en al die kinders van Israel en sê vir hulle: Dit is die saak wat die HERE beveel het deur te sê:
Elkeen uit die huis van Israel wat ʼn bees of ʼn lam of ʼn bok in die laer slag of dit buitekant die laer slag,
en dit nie bring by die ingang van die tent van samekoms om aan die HERE ʼn offer voor die tebernakel van die HERE te bring nie-as bloodskuld moet dit dié man toegereken word. Hy het bloed gegiet, daarom moet dié man uitgeroei word onder sy volk uit;
Sodat die kinders van Israel hulle slagoffers kan bring wat hulle op die oop veld slag en dit aan die HERE by die ingang van die tent van samekoms na die priester kan bring en dit as dankoffers aan die HERE kan slag.
Dan moet die priester die bloed teen die altaar van die HERE by die ingang van die tent van samekoms uitgoooi en die vet aan die brand steek as lieflke geur vir die HERE.
En hulle mag nie meer hulle slagoffers offer aan die veldduiwels agter wie hulle aan hoereer nie. Dit moet vir hulle ʼn ewige insetting wees vir hulle geslagte.
En jy moet vir hulle sê: Elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ʼn brandoffer of ʼn slagoffer bring,
en dit nie by die ingang van die tent van samekoms bring om die vir die HERE klaar maak nie-dié man moet uit sy volksgenote uitgeroei word.
En elkeen uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat maar enigsins bloed eet-teen die een wat die bloed eet, sal Ek my aangesig rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Want die siel van die vleis is in die bloed, en Ék het dit aan julle op die altaar gegee om vir julle siele versoening te doen; want die bloed bewerk versoening deur die siel.
Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: Niemand van julle mag bloed eet nie; ook die vreemdelinge wat onder julle vertoef, mag geen bloed eet nie.
En elkeen uit die kinder van Israel en uit die vreemdelinge wat onder hulle vertoef, wat ʼn stuk wild of ʼn voël vang wat geëet mag word-hy moet die bloed daarvan laat uitloop en dit met grond toemaak;
want wat die siel van alle vlees aangaan, sy bloed is met sy siel verbind. Daarom het Ek aan die kinders van Israel gesê: julle mag die bloed van enige vlees nie eet nie, want die siel van alle vlees is sy bloed; elkeen wat dit eet, moet uitgeroei word.
En elkeen wat aas eet of iets wat verskeur is, ʼn kind van die land sowel as ʼn vreemdeling, moet sy klere was en ʼn bad neem, en bly tot die aand toe onrein. Dan sal hy rein wees.
Maar as hy dit nie was nie en sy liggaam nie bad nie, dan meot hy sy ongeregtigheid dra.