Afrikaans-1933/3/20

28 lines
4.3 KiB
Plaintext

Verder het die HERE me tMoses gespreek en gesê:
Jy moet ook vir die kinders van Israel sê: Elkeen uit die kinders van Israel of uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat van sy kinders aan Moleg gee, moet sekerlik doodgemaak word. Die volk van die land moet hom stenig.
En Ék sal my aangesig teen dié man rig en sal hom uitroei onder sy volk uit; want hy het van sy kinders aan moleg gegee om my heiligdom te verontreinig en my heilige Naam te ontheilig.
En as die volk van die land aan hulle oë maar enigsins toemaak vir dié man as hy aan sy kinders aan Moleg gee, sodat hulle hom nie doodmaak nie,
dan sal Ék my aangesig rig teen dié man en sy geslag, en Ek sal hom en almal wat agter hom aan hoereer om agter Moleg aan te hoereer, uitroei onder hulle volk uit.
En as ʼn persoon hom begewe na die geeste van afgestorwenes en die geeste wat waarsê om agter hulle aan te hoereer, sal Ek my aangesig teen dié persoon rig en hom uitroei onder sy volk uit.
Toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is die HERE julle God.
En onderhou my insettinge en doen dit. Ek is die HERE wat julle heilig.
Want elkeen wat sy vader of moeder vloek, moet sekerlik doodgemaak word. Sy bloedskuld is op hom.
En as iemand owerspel doen met ʼn man se vrou, owerspel doen met sy naaste se vrou, dan moet hy èn sy wat owespel doen, sekerlik doodgemaak word.
En as ʼn man met sy vader se vrou gemeenskap het, dan het hy die skaamte van sy vader ontbloot. Hulle altwee moet sekerlik doodgemaak word. Hulle bloedskuld is op hulle.
En as ʼn man met sy skoondogter gemeenskap het, dan moet hulle altwee sekerlik doodgemaak word. Hulle het ʼn vreeslike vermenging bewerk. Hulle bloedskuld is op hulle.
En as ʼn man met ʼn manspersooon gemeenskap het soos ʼn mens met ʼn vrou het, dan het hulle altwwe iets gruweliks gedoen. HUlle moet sekerlik doodgemaak word. Hulle bloedskuld is op hulle.
En as ʼn mn ʼn vrou en haar moeder neem, is dit ʼn skandelike daad; hulle moet hom en dié twee met vuur verbrand, sodat geen skandelike daad onder julle mag wees nie.
En as ʼn man vleeslike gemeenskap het met ʼn dier, moet hy sekerlik doodgemaak word, en die dier moet julle doodslaan.
En as ʼn vrou naby enige dier kom om daarmee te doen hê dan moet jy die vrou en die dier doodslaan. Hulle moet sekerlik doodgemaak word. Hulle bloedskuld is op hulle.
En as ʼn man sy suster neem, sy vader se dogter of sy moeder se dogter, en hy haar skaamte sien en sy sy skaamte sien, dan is dit ʼn skande. Daarom moet hulle voor die oë van die kinders van die volk uitgeroei word. Hy het die skaamte van sy suster ontbloot; hy moet sy ongeregtigheid dra.
En as ʼn man met ʼn vrou gemeenskap het wat onwel si, en haar skaamte ontbloot-hy het haar fontein ontbloot en sy fontein van haar bloed-dan moet hulle altwee uitgeroei word onder hulle volk uit.
Ook mag jy die skaamte van jou moeder se suster en van jou vader se suster nie ontbloot nie, want hy het sy bloedverwante ontbloot; hulle moet hul ongeregtigheid dra.
En as ʼn man met sy tante gemeenskap het, dan het hy die skaamte van sy oom ontbloot. Hulle moet hul sonde dra; sonder kinders sal hulle sterwe.
En as ʼn man sy broer se vrou neem, dan is dit iets afskuweliks. Hy het die skaamte van sy broer ontbloot; sonder kinders sal hulle wees.
Onderhou dan al my insettinge en al my verordeninge en doen dit, dat die land waar Ek julle na toe bring om daarin te woon, julle uitspuug nie.
En julle mag nie wandel in die die insettinge van die nasie wat Ek voor julle uit verdrywe nie; want al hierdie dinge het hulle gedoen; daarom het Ek ʼn afsku van hulle gekry.
En Ek het vir julle gesê: Júlle sal hulle land in besit neem, en Ék sal dit aan julle as besitting gee, ʼn land wat oorloop van melk en heuning. Ek is die HERE julle God wat julle van die volke afgesonder het.
Daarom moet julle ʼn onderskeid maak tussen die rein en die onrein diere, en tussen die onrein en rein voëls; en maak julleself nie ʼn gruwel nie deur diere of deur voëls of deur enigiets wat op die aarde roer-wat Ek vir julle afgesonder het deur dit onrein te verklaar.
En julle moet vir my heilig wees, want Ek, die HERE, is heilig; en Ek het julle van die volke afgesonder om myne te wees.
En as daar ʼn man of ʼn vrou ʼn gees van ʼn afgestorwene of ʼn gees wat waarsê is, dan moet julle sekerlik doogemaak word. Hulle meot gestenig word. Hulle bloedskuld is op hulle.