Afrikaans-1933/3/22

34 lines
4.6 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns, dat hulle versigtig moet wees met die heilig gawes van die kinders van Israel-wat hulle aan my heilig-sodat hulle My heilig naam nie ontheilig nie. Ek is die HERE.
Sê vir hulle: Enigeen in julle geslagte wat uit al julle nakomeling na die heilige gawes aan kom wat die kinders van Israel aan die HERE heilig, terwyl sy onreinheid op hom is, dié siel moet uitgereoei word van my aangesig af weg. Ek is die HERE.
Niemand uit die nageslag van Aäron wat melaats is of ʼn vloeiing het, mag van die heilig gawes eet voordat hy rein is nie. En hy wat iemand raak wat deur ʼn lyk onrein is; of van wie ʼn saadvloeiing uitgaan;
of iemand wat aan enige kruipende ongedierte raak waardeur hy onrein word, of aan ʼn mens deur wie hy onrein word tengevolge van watter onreinheid ook-
die persoon wat aan so iets raak, sal tot die aand toe onrein wees, en hy mag van die hielige gawes nie eet nie tensy dat hy sy liggaam in die water gebad het.
Maar as die son onder is, dan sal hy rein wees, en daarna kan hy van die heilige gawes eet, want dit is sy voedsel.
Aas of iets wat verskeur is, mag hy nie eet, sodat hy daardeur onrein word nie. Ek is die HERE.
Hulle moet dan My ordeninge onderhou, dat hulle weens die heilige gawes geen sonde op hulle laai en daardeur sterwe nie, omdat hulle dit ontheilig het. Ek is die HERE wat hulle heilig.
Ook mag geen onbevoegde eet wat heilig is nie. ʼn Bywoner van ʼn priester en ʼn huurling mag nie eet wat heilig is nie.
Maar as ʼn priester iemand vir sy geld koop, dan mag dié daarvan eet, en die wat in sy huis gebore is; húlle mag van sy voedsel eet.
Maar as die dogter van ʼn priester aan ʼn onbevoegde behoort, dan mag sy van die offergawe van die heilige gawes nie eet nie.
Maar as die dogter van ʼn priester weduwee is of verstoot word en sy kinderloos is en in die huis van haar vader terugkom soos in haar jeug dan mag sy van die voedsel van haar vader eet; maat geen onbevoegde mag daarvan eet nie.
En as iemand by ongeluk iets eet wat heilig is, dan moet hy die vyfde deel daarvan byvoeg en sό wat heilig is, aan die priester teruggee.
So moet hulle dan die heilige gawes wat die kinders van Israel aan die HERE afgee, nie ontheilig
en op húlle geen strafbare skuld laai nie deurdat húlle die heilige gawes eet; want Ek is die HERE wat hulle heilig.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en met al die kinders van Israel en sê vir hulle: Enigeen uit die huis van Israel wat sy offer bring-volgens al hulle geloftes en al hulle vrywillige offers wat hulle wat hulle aan die HERE as brandoffer bring-
moet dit so bring, dat julle welgevalle vind: ʼn dier van die manlike geslag sonder gebrek, van die beeste, die lammers of die bokke.
Julle mag nie iets bring waar ʼn liggaamsgebrek aan is nie, want dit sal julle nie welgevallig maak nie.
EN as iemand ʼn dankoffer aan die HERE offer deur ʼn besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer, van die beeste of die kleinvee, dan moet dit sonder gebrek wees, sodat dit welgevallig kan maak; geen liggaamsgebrek mag daaraan wees nie.
Wat blind is of wat gebreekte of verminkte liggaamsdele het of swere of skurftes of uitslag-dit moet julle aan die HERE nie bring nie, en daarvan mag julle vir die HERE geen vuuroffer op die altaar neersit nie.
Maar ʼn bees of ʼn stuk kleinvee waar van ʼn liggaamsdeel te lank of te kort is, mag jy as vrywillige offer klaar maak; maar as gelofte offer dal dit nie met welgevalle aangeneem word nie.
ʼn Dier wat ontman is deur vrywe of stamp, deur uitskeur of uitsny, mag julle aan die HERE nie bring nie: in julle land mag julle dit nie doen nie,
en uit die hand van ʼn uitlander mag julle van al hierdie diere aan julle God geen spyse bring nie, want hulle verminking is aan hulle, ʼn liggaamsgebrek is aan hulle: hulle sal vir julle nie met welgevalle aangeneem word nie.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As ʼn bees of ʼn lam of ʼn bok aankom, dan moet dit sewe dae lank onder sy moeder bly; maar van die agste dag af en verder sal dit met welgevalle aangeneem word as ʼn vuuroffergawe aan die HERE.
ʼn Bees of stuk kleinvess mag julle ook nie saam met sy kleintjie op een dag slag nie.
En as julle ʼn lofoffer aan die HERE bring, moet julle dit so offer, dat julle welgevalle kan vind.
Op dieselfde dag moet dit geëet word. Julle meot daarvan niks laat oorbly tot die môre toe nie. EK is die HERE.
Hou dan my gebooie en doen dit. EK is die HERE.
En ontheilig my heilige Naam nie, sodat Ek geheilig kan word onder die kinders van Israel. Ek is die Here wat julle heilig,
wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ʼn God te wees. Ek is die HERE.