Afrikaans-1933/3/25

56 lines
7.2 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek by die berg Sinai en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land inkom wat Ek julle gee, dan moet die land ʼn sabbat hou vir die HERE.
Ses jaar lank mag jy jou land saai en ses jaar lank jou wingerd snoei en die opbrings van die land insamel;
Maar in die sewende jaar moet daar vir die land volkome rus wees, ʼn sabbat vir die HERE; jou land mag jy nie saai en jou wingerd nie snoei nie.
Wat van jou oes opslaan, moet jy nie afoes nie, en die druiwe van jou ongesnoeide wingerdstok nie afsny nie. Dit moet ʼn jaar van rus vir die land wees.
En die obrings van die sabbat van die land sal julle voedsel wees; vir jou en vir jou slaaf en jou slavin en jou huurling en jou bywoner wat by jou vertoef,
en vir jou vee en die wild wat in jou land is, sal die hele opbrings daarvan wees om te eet.
Jy moet ook sewe jaarweke tel, sewe maal sewe jaar, sodat die jaar van die sewe jaar weke vir jou nege-en-veertig jaar is.
Dan moet jy in die sewende maan, op die tiende dag van die maand, ʼn basuin geklank laat derugaan; op die versoendag moet julle die basuin deur julle hele land laat gaan.
En julle moet die vyftigste jaar heilig en ʼn vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir julle ʼn jubelaar wees; dan moet julle elkeen na sy geslag teruggaan.
ʼn Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, julle mag ook nie afoes wat dan opslaan of die druiwe van onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.
Wna tdit is ʼn jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.
In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.
Daarom as jy iets aan jou naaste verkooop of van jou naaste koop,dan moet julle mekaar nie verdruk nie.
volgens die getal jare ná die jubeljaar moet jy van jou naaste koop; volgens die getal jare dat daar ʼn oes is, moet hy dit aan jou verkoop;
volgens die groter aantal jare moet jy die koopprys vermeerder, en volgens die kleiner aantal jare moet jy die prys verminder, want hy verkoop aan jou die aantal oeste.
Laat niemand dan sy naaste verdruk nie, en vrees jy jou God; wnat Ek is die HERE julle God.
En doen my insettinge en onderhou my verordeninge en doen dit, dat julle veilig kan woon in die land.
En die land sal sy vrug gee en julle sal volop eet en veilig daarin woon.
En julle sal sê: Wat moet ons in die sewende jaar eet as ons nie mag saai nie en ons oes nie in mag samel nie?-
dan gebied Ek my seën vir julle die sesde jaar, en dit sal die oes vir die drie jare opbring.
EN die agste jaar moet julle saai en van die ou opbrings eet tot die negende jaar toe; totdat die obrings hiervan inkom, moet julle die oue eet.
Die grond moet ook nie veraltyd verkoop nie; want die land is myne. omdat julle vreemdelinge en bywoners by My is.
Daarom moet julle, in die hele land van julle besitting, lossing van die grond toelaat.
As jou broer verarm en van sy besitting verkoop, dan moet sy verlosser wat sy nabystaande is, kom en hom moet los wat sy broer verkoop het.
En as iemand geen losser het nie, maar dit kan bekostig en genoeg vind vir sy lossing,
dan moet hy die jare bereken wat dit verkoop is, en wat oorskiet is moet hy aan die man aan wie hy verkoop het, teruggee en dan na sy besitting teruggaan.
Maar as hy nie genoeg vind om aan hom terug te gee nie, dan moet die verkoopte goed in die hand van die koper bly tot die jubeljaar toe; maar in die jubel jaar moet dit vry word, en hy moet na sy besitting teruggaan.
En as iemand ʼn woonhuis in ʼn ommuurde stad verkoop, dan moet daar reg van lossing wees tot die end van die jaar dat dit verkoop is, ʼn jaar lank moet daar reg van lossing wees.
Maar as dit nie gelos word voordat ʼn hele jaar verby is nie, dan moet die huis wat in die ommuurde stad is, vir altyd die eindom van sy koper bly vir sy geslagte; in die jubeljaar sal dit nei vry word nie.
Mar die huise van ʼn dorp wat rondom geen muur het nie, moet by die veld van die land gereken word; daar moet reg van lossing voor wees en in die jubeljaar moet dit vry word.
Wat die stede van die Leviete aangaan, die huise van die stede wat in hulle besit is-vir die Leviete moet daar ʼn ewige reg van lossing wees.
En as iemand iets van die Leviete los, dan moet die huis wat verkoop is, naamlik in die stad van sy besitting, in die jubeljaar vry word; want die huise in die stede van die Leviete is hulle besitting onder die kinders van Israel.
En die weiveld om hulle stede mag ne verkoop word nie, want dit is ʼn ewige besitting vir hulle.
En as jou broer by jou verarm en behoeftig word, dan moet jy hom ondersteun as vreemdeling en bywoner, dat hy by jou kan lewe.
Jy moenie rente of wins van hom neem nie, maar jy moet jou God vrees, dat jou broer by jou kan lewe.
Jou geld mag jy hom nie op rente gee nie, en jou eetware mag jy nie op wins gee nie.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het het om julle die land uit Kanaän te gee, om julle God te wees.
En as jou broer by verarm en hom aan jou verkoop, dan mag jy hom nie as slaaf laat dien nie.
Soos ʼn huurling, soos ʼn bywoner moet hy by jou wees; tot die jubeljaar toe moet hy by jou dien;
dan moet hy vry van jou af weggaan, hy en sy kinders saam met hom; en hy moet na sy geslag terugkeer en na die bessiting van sy vaders teruggaan.
Want hulle is my knegte wat Ek uit Egipteland uitgelei het; hulle mag nie verkoop word soos ʼn mens ʼn slaaf verkoop nie.
Jy mag nie met hardheid oor hom heers nie, maar jy moet jou God vrees.
Wat jou slaaf of jou slavin aangaan wat aan jou sla behoort-van die nasies wat rondom julle is, van hulle mag julle ʼn slaaf of slavin koop.
En ook van die kinders bywoners wat by julle vertoef-van hullle mag julle koop en van hulle geslag wat by julle is, wat hulle in julle land verwek het; en dié sal vir julle ʼn besitting wees.
En julle mag dié aan julle kinders ná julle nalaat as ʼn erflike besitting; vir ewig mag julle hulle laat dien. Maar oor julle broers, die kinders van Israel, die een oor die ander-oor hom mag jy nie met hardheid heers nie.
En as ʼn vreemdeling of bywoner by jou vermoënd word, en jou broer by hom verarm en hy homself aan ʼn vreemdeling of bywoner by jou verkoop, of aan familielid uit die geslag van ʼn vreemdeling,
dan moet daar vir hom nadat hy hom verkoop het, reg van lossing wees; een van sy broers kan hom los,
of sy oom of sy seun kan hom los, of een van sy naaste bloedverwante uit sy geslag kan hom los, of as hy dit kan bekostig, kan hy homself los.
En hy moet met sy koper reken van die jaar af dat hy hom aan hom verkoop het, tot die jubeljaar toe. En die prys waarvoor hy hom verkoop het, moet wees volgens die aantal jare; volgens die tyd van ʼn huurling moet hy by hom wees.
As daar nog baie jare is moet jy volgens hulle sy losprys uit die veld waarvoor hy verkoop is, teruggee.
en as daar maar min jare tot die jubel jaar toe oor is, dan moet hy daarmee rekening hou; volgens sy jare moet hy sy losprys teruggee.
Soos ʼn huurling moet hy van jaar tot jaar by hom wees; hy mag nie met hardheid oor hom voor sy oë heers nie.
En as hy nie op hierdie maniere gelos word nie, dan moe thy in die jubeljaar vrygelaat word, hy en sy kinders saam met hom.
Want die kinders van Israel is my knegte; my knegte is hulwat Ek uit Egipteland uitgelei het.Ek is die HERE julle God.