Afrikaans-1933/3/26

47 lines
6.3 KiB
Plaintext

Julle mag vir julle geen afgode maak nie; en ʼn gesnede beeld of ʼn klippilaar mag julle vir julle nie oprig nie, en ʼn steen beeldhouwerk in julle land opsit om julle daar by neer te buig nie; want Ek is die HERE julle God.
My sabbatte moet julle hou en my heiligedom ontsien. Ek is die HERE.
As julle in my insettinge wandel en my gebooie hou en dit doen,
dan sal Ek julle reëns gee op hulle tyd, en die land sal sy opbrings gee, en die bome van die veld sal hulle vrugte gee.
En die dorstyd sal vir julle aanhou tot die druiwe-oes, en die druiwe-oes sal aanhou tot die saaityd, en julle sal jul brood volop eet en veilig en julle land woon.
Ook sal Ek vrede gee in die land, sodat julle sal lê en rus sonder dat iemand julle skrik maak; en Ek sal die wilde diere uit die land laat verdwyn, en geen swaard sal deur julle land trek nie.
En julle sal jul vyande agtervolg, en hulle sal voor julle val deur die swaard.
Vyf van julle sal honderd agtervolg, en honderd van julle sal tienduisend agtervolg; en julle vyande sal voor julle val deur die swaard.
En ek sal My na julle wend en julle vrugbaar maak en julle vermenigvuldig; en my verbond sal Ek met julle bevestig.
Julle sal ou koring van vorige jare eet en die oue moet uithaal vir die nuwe.
En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie.
En Ek sla onder julle wandel en vir julle ʼn God wees, en jÚlle sal vir My ʼn volk wees.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het, dat julle nie hulle slawe moet wees nie; en Ek het julle jukskeie verbreek en het julle regop laat loop.
Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;
en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge ʼn afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie, om my verbond te verbreek-
dan sal Ék dit ook aan julle doen, en Ek sal beskrikking oor julle beskik: die teering en die koers wat die oë verteer en die siel laat versnag; julle sal ook teveergeefs julle saad saai, want julle vyfande sal dit opeet.
En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor my vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.
En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek oovrtgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.
En Ek sal julle sterkte trots verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.
En julle krag sal tevergeefs gebruik word, watn julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal hulle vrugte nie gee nie.
En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, dan sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle sondes.
En Ek sal die wilde diere van die veld onder julle in stuur, en dié sal julle kinderloos maak en julle vee uitroei en julle verminder, sodat julle paaie verlate sal wees.
En as julle hierdeur jul nie deur My laat tugtig nie, maar julle teen my versit,
Dan sal Ék My ook teen julle versit en julle ook sewevoudig tref weens julle sondes.
En Ek sal ʼn swaard oor julle bring wat die wraak van die verbond sal uitoefen; en as julle dan in jul stede terugtrek, sal Ek pes onder julle in stuur, en julle sla in die hand van die vyand oorgegee word.
As Ek vir julle die straf van die brood verbreek, sal tien vroue julle brood in een oond bak en julle brood by die gewig teruggee; en julle sal eet, maar nie versaadig word nie..
As julle ook hierom nie na My luister nie, maar julle teen My versit,
dan sal Ek in My grimmigheid teen julle versit, en Ék sal julle ook sewevoudig tugtig weens julle sondes.
En julle sal die vlees van julle seuns eet, en die vlees van julle dogters sal julle eet.
En Ek sal julle hoogtes verwoes en julle sonpilare uitroei en julle lyke op die lyke vna die drekgode gooi; en my siel sal ʼn afsku van hulle hê.
En Ek sal hulle stede puinhope maak en julle heiligdomme verwoes en julle lieflike geur nie ruik nie.
En Ek sal self die land verwoes, sodat julle vyande wat daarin gaan woon, daaroor versomd sal staan.
En Ek sal julle onder die volke verstrooi en ʼn swaard agter julle uittrek; en julle land sal ʼn wildernes en julle stede puinhope word.
Dan sal die land vir sy sabbatte vergoeding kry, al die dae van sy verwoesting, terwyl julle in die land van julle vyande is, dan sal die land rus en vir sy sabbatte vergoeding gee.
Al die dae van sy verwoesting sal dit rus-die rus wat dit nie gehad het in julle sabbatte toe julle daarin gewoon het nie.
En wat aangaan diegene wat onder julle oorgebly het-Ek sal in hulle hart ʼn vreesagtigheid in die land van hulle vyande, sodat die geruis van ʼn verwaaide blad hulle op die loop sal ja; en hulle sal vlug soos ʼn mens vir ʼn swaard vlug en val sonder dat iemand agtervolg.
En hulle sal struikel die een oor die ander soos die swaard, alhoewel niemand agtervolg nie; en julle sal voor julle vyande nie kan standhou nie.
Maar julle sal aankom onder die nasies, en die land van julel vyande sal julle verteer.
En die wat onder julle oorgebly het, sal oor hulle ongeregtigheid wegteer in die lande van julle vyande, ja ook oor die ongeregtigheede van hulle vaders net soos hulle wegteer.
Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het; en ook dat hulle hul teen My versit het,
sodat Ék My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hulle vyande moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hul ongeregtigheid,
dan sal Ek dink aan die verbond met Jakob; en ook aan my verbond met Isak en ook aan my verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.
Maar die land moet van hulle verlate wees en moet vir sy sabbatte vergoeding kry terwyl die woes lê sonder hulle; en húlle sal vir hom ongergtigheid boet, ja omdat hulle my verordeninge verwerp en hulle siel van my insettinge ʼn afsku gehad het.
Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku om ʼn end aan hulle te maak om so my verbond met hulle te verbreek nie; want Ek is die HERE hulle God.
Maar Ek sal tot beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat ek uit Egipteland voor die oë van die nasies uitgelei het om vir hulle ʼn God te wees. Ek is die HERE.
Dit is die insettinge en die verordeninge en die wette wat die HERE tussen Hom en die kinders van Israel by die berg Sinai deur Moses gegee het.