Afrikaans-1933/3/5

20 lines
3.4 KiB
Plaintext

En as iemand sondig-dat hy die beswering van die regter hoor, terwyl hy getuie was, dit gesien het of daarvan weet-as hy naamlik dit nie te kenne gee nie en so sy ongeregtigheid moet dra.
of as enige iemnand iets aanraak wat onrein is-die ass van ʼn onrein wilde dier of die aas van onrein vee of die aas van onrein gedierte wat rondkruip-en dit vir hom verborge was, maar hy onrein geword het en skuldig is;
of as hy iets onrein van ʼn mens aangeraak het-volgens all die onreinheid waardeur hy hom kan verontreining-en dit vir hom verborge was, maar hy dit te wete gekom het en hy skulding is;
of as iemand spper terwyl hy onverskillig praat om kwaad of goed te doen-volgens alles wat ʼn mens met ʼn eed onverskillig kan praat-en dit vir hom verborge was, maar hy sdit te wete gekom het en skuldig is aan een van hierdie dinge;
as hy dan aan een van hierdie dinge skuldig is, moet hy bely waar hy teen gesondig het
en as boete vir die sonde wat hy gedoen het, aan die HERE ʼn ooi bring van die kleinvee, ʼn skaaplam of ʼn bok, as sondoffer. En die priester moet vir hom versoening doen weens sy sonde.
Maar as hy nie ʼn stuk kleinvee kan bekostig nie, dan moet hy as boete vir wat hy gesondig het, twee tortelduiwe of twee jong duiwe aan die HERE bring, aan as sondoffer en een as brandoffer;
en hy moet hulle na die priester bring, wat dié een erste moet offer wat as sondoffer bedoel is, en sy kop vlak voor sy nek afknyp sonder om dit af te trek.
Dan moet hy van die bloed van die sondoffer teen die kant van die altar sprinkel; maar wat oorbly van die bloed, moet aan die onderkant van die altaar uitgedruk word; dit is ʼn sondoffer.
En die ander een meot hy as brandoffer volgens voorskrif klaarmaak. So moet die priester dan vir hom versoening doen weens die sonde wat hy gedoen het, en dit sal hom vergewe word.
Maar as hy nie twee tortel duiwe of twee jong duiwe kan bekostig nie, dan moet hy as offer vir wat hy gesondig het, die tiende van ʼn efa fynmeel as sondoffer bring. Hy moet geen olie daarop gooi en geen wierook ook daarby voeg nie, want dit is ʼn sondoffer.
En hy moet dit na die priester bring, en die priester moet daar ʼn handvol van neem as gedenkoffer daarvan en dit op die altaar oor die vuuroffers van die HERE aan die brand steek; dit is ʼn sondoffer.
So moet die priester dan vir hom versoening doen vir die sonde wat hy gedeon het in enigeen van hierdie gevale, en dit sal hom vergewe word; verder behoort dit aan die priester net soos die spysoffer.
Ook het die Here met Moses gespreek en gesê:
As iemand in iets ontrou handel en is swakheid sondig met betrekking tot een ven die heilige gawes van die HERE, dan moet hy as boete aan die HERE bring ʼn ram sonder gebrek van die kleinvee, na jou skatting van die waarde in sikkels silwer, volgens die sikkel van die heiligdom, as ʼn skuldoffer.
En hy moet vir wat hy ten opsigte van die heilige gawes gesondig het, vergoeding gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg en dit aan die priester gee; en die priester moet vir hom versoening doen deur die skuldofferram, en dit sal hom vergewe word.
En as iemand sondig en onbewus enigiets doen wat die HERE verbied het, en skuldig word en sy ongeregtigheid moet dra,
dan moet hy van die kleinvee, na jou skatting, ʼn ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring; en die priester moet vir hom versoening doen vir die fout wat hy onbewus begaan het; en dit sal hom vergewe word.
Dit is ʼn skuldoffer; hy is sekerlik skuldig teenoor die HERE.