Afrikaans-1933/3/6

31 lines
4.3 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
As iemand sondig en ontrou handel teen die HERE deurdat hy tenoor sy trou of as pand gegee is of deur hom geproof is, of dat hy sy naaste iets afgepers het,
of dat hy iets gekry het wat weg was, en dit ontken; of dat hy vals sweer teen opsigte van enigeiets wat ʼn mens kan doen om hom daarmee te besondig;-
en as hy dan sondig en skuldig word, moet hy teruggee wat hy deur roof ontvreem of deur afpersing verkry het, of wat aan hom toevertrou was, of verlore goed wat hy gekry het;
of alles waaroor hy vals gesweer het: hy moet teen volle daar vergoeding voor gee en nog die vyfde deel daarvan byvoeg; aan hom aan vie dit behoort, moet hy dit gee op die dag as hy boete doen.
En hy moet die kleinvee, na jou skatting as boete aan die Here ʼn ram sonder gebrek as skuldoffer na die priester bring.
Dan moet die priester vir hom versoening doen voor die aangesig van die Here, en dit sal hom vergewe word-enigiets wat ʼn mens doen, sodat hy daardeur skuldig word.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Gee bevel aan Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die brandoffer: Dit, die brandoffer, moet hy op sy vuurherd op die altaar die hele nag lank tot die môre to bly, en die altaarvuur moet daardeur aan die brand gehou word.
En die priester moet sy linnekleed aantrek, en die linnebroek moet hy oor sy vlees aantrek; dan moet hy die as wegneem waartoe die vuur die brandoffer op die altaar verteer het, en dit langs die altaar uitgooi.
Daarna moet hy sy klere uittrek en ander klere aantrek, en die as buitekant die laer op ʼn rein plek uitbring.
En die vuur op die altaar moet daardeur aan die brand gehou word, dit mag nie doodgaan nie; maar die priester moet elke môre daaroor hout aan die brand steek en die brandoffer reglê en die stukke vet van die dankoffers daaroor aan die brand steek.
Vuur meot gedurigdeur op die altaar an die brand gehou word; dit mag nie doodgaan nie.
En dit is die wet van die spysoffer: Die seuns van Aäron moet dit voor die aangesig van die HERE voor die altaar bring,
en een moet daarvan ʼn handvol neem, van die spysoffer se fynmeel met die olie, en al die wierook wat op die spysoffer is, en hy moet op die altaar die gedenksoffer aan die brand steek as lieflike geur vir die HERE.
En wat daarvan oorbly, moet Aäron en sy seuns eet; ongesuurd moet dit geëet wor op ʼn heilgige plek; in die voorhof van die tent van samekoms moet hulle dit eet.
Dit mag nie gesuurd gebak word nie; as hulle deel het Ek dit van my vuuroffers gegee. Hoogheilig is dit soos die sondoffer en die skuldoffer.
Almal wat manlik is onder die seuns van Aäron, mag dit eet. Dit is ʼn ewige insetting vir julle geslagte uit die vuuroffeers van die HERE. Alles wat daaraan raak, word heilig.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Dit is die offer van Aäron en sy seuns wat hulle aan die HERE moet bring op die dag as hy gesalf word: die tinde van ʼn efa fynmeel as voortdurende spysoffer; die helfte daarvan in die môre en die helfte in die aand.
Dit moet in ʼn pan met olie klaargemaak word; deurmekaargeroer moet jy dit bring; in gebakte brokkies moet jy die spysoffer bring as lieflike geur vir die HERE.
Ook moet die priester wat sy seuns in sy plek gesalf word, dit klaarmaak, as ʼn ewige insetting. Dit moet geheel-en-al vir die HERE aan die brand gesteek word.
So moet dan elke spysoffer van ʼn priester ʼn voloffer wees; dit mag nie geëet word nie.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met Aäron en sy seuns en sê: Dit is die wet van die sondoffer: Op die plek waar die brandoffer geslag word, moet die sondoffer voor die gesig van die HERE geslag word. Dit is hoogheilig.
Die priester wat dit as sondoffer bring, moet dit eet; op ʼn heilige plek moet dit geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.
Alles wat van die vleis daarvan raak, word heilig; en as daar bloed op ʼn kledingstuk spat, dan meot jy die stuk waar dit op spat, op ʼn heilige plek was.
En ʼn erdepot waar dit in gekook is, moet stukkend gebreek word; maar is dit in ʼn koperpot gekook is, moet dit geskuur en met water afgespoel word.
Almal wat manlik is onder die priesters, mag dit eet; dit is hoogheilig.
Maar elke sondoffer waarvan ʼn deel van die bloed in die tent van samekoms gebring word, om in die heiligdom versoening to doen, mag nie geëet word nie; dit moet met vuur verbrand word.