Afrikaans-1933/4/15

42 lines
5.3 KiB
Plaintext

Daarna het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle kom in die land van julle inwoning wat Ek aan julle gee,
en julle ʼn vuuroffer aan die HERE wil klaarmaak, ʼn brandoffer of slagoffer-deur ʼn besondere gelofte te volbring of as vrywillige offer of by julle feestye-om vir die HERE ʼn liefike geur van beeste of van kleinvee te berei,
dan moet die een wat sy offer aan die HERE bring, as spysoffer bring ʼn tiende van ʼn efa fynmeel, gemeng met ʼn kwart hin olie;
en wyn vir die dankoffer, ʼn kwart hin, moet jy klaarmaak by die brandoffer of vir die slagoffer, vir elke lam.
Of vir ʼn ram moet jy as spysoffer klaarmaak, twee tiendes van ʼn efa fynmeel, met ʼn derde van ʼn hin olie gemeng.
En ʼn derde van ʼn hin wyn vir die dankoffer moet jy as lieflike geur aan die HERE bring.
En as jy ʼn jong bul as brandoffer of slagoffer klaarmaak deur ʼn besondere gelofte te volbring of as dankoffer aan die HERE,
dan moet hy by die jong bul as spysoffer bring drie tiendes van ʼn efa fynmeel met ʼn halwe hin olie gemeng.
En vir die drankoffer moet jy ʼn halwe hin wyn bring, as vuuroffer van lieflike geur aan die HERE.
So moet gedoen word by elke bees of by elke ram of by ʼn lam van die skape of van die bokke.
Volgens die getal wat julle klaarmaak-so moet julle doen by elkeen volgens hulle getal.
Elke kind van die land moet hierdie dinge op dieselfde manier doen, om ʼn vuuroffer van lieflike geur vir die HERE klaarmaak-soos julle doen, so moet hy doen.
En as ʼn vreemdeling by julle vertoef, of hy wat vir geslagte onder julle is, en ʼn vuuroffer van lieflike geur vir die HERE klaarmaak-soos julle doen, so moet hy doen.
Wat die vergadering aangaan, een en die selfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef. ʼn Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE wees.
Een wat en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.
Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: As julle in die land kom waarheen Ek julle bring,
dan moet julle, as julle van die brood van die land eet, ʼn offergawe aan die HERE afgee.
As eersteling van julle growwe meel moet julle ʼn koek as offergawe afgee; net soos die offergawe van die dorsvloer, so moet julle die afgee.
Van die eerstelinge van julle growwe meel moet julle ʼn koek as offergawe aan die HERE gee in julle geslagte.
Verder, as julle jul misgaan en nie al hierdie gebooie doen wat die HERE aan Moses meegedeel het nie-
alles wat die HERE julle deur Moses beveel het van die dag af dat die HERE die beveel eht en verder in julle geslagte-
dan moet die hele vergadering, as die buiten wete van die vergadering, in swakheid gebeur het, een jong bul klaargemaak vir ʼn brandoffer as lieflike geur aan die HERE, met die spysoffer en die drankoffer wat volgens voorskrif daarby behoort; en een bokram as sondoffer.
En die priester moet versoening doen vir die hele vergadering van die kinders van Israel, en dit sal hulle vergewe word; want ʼn swakheid was dit, en húlle het hul offer as vuuroffer aan die HERE en hul sondoffer, weens hulle swakheid, voor die aangesig van die HERE gebring.
Dit sal dan die hele vergadering van die kinders van Israel vergewe word, ook die vreemdeling wat onder hulle vertoef; want dit het die hele volk deur swakheid oorgekom.
En as ʼn enkele siel in swakheid sondig, dan moet dié ʼn jaaroud-bokooi as sondoffer bring.
En die priester moet versoening doen vir die siel wat hom misgaan het, weens sy sonde in swakheid voor die aangesig van die HERE begaan, om vir hom versoening te doen; en dit sal hom vergewe word.
Wat die kind van die land onder die kinders van Israel aangaan wn die vreemdeling wat onde hulle vertoef-een en dieselfde wet moet vir julle geld, vir hom wat in swakheid iets doen.
Maar die siel wat iets moedswillig doen, van die kinders van die land of van die vreemdelinge, hy versmaad die HERE; en dié siel moet uitgeroei word onder sy volk uit.
Want die woord van die HERE het hy verag en sy gebod verbreek. Dié siel moet sekerlik uitegroei word; sy ongeregtigheid is op hom.
En toe die kinders van Israel in die woestyn was, het hulle ʼn man gekry wat op die sabbatdag hout bymekaargemaak.
En die wat hom gekry het terwyl by hout bymekaarmaak, het hom na Moses en Aäron en na die hele vergadering gebring.
En hulle het hom in die gevangenis gesit, want dit was nie beslis wat met hom sou gedoen word nie.
Toe sê die HERE vir Moses: Die man moet sekerlik doodgemaak word; die hele vergadering moet hom buitekant die laer stenig.
Toe het die hele vergadering hom buitekant die laer uitgebring en hom gestenig, dat hy gesterf het, soos die HERE Moses beveel het.
En die HERE het met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê aan hulle, hulle moet vir hulle klossies maak aan die hoeke van hul klere, in hulle geslagte, en aan die hoek-klossies ʼn draad van pers stof vasmaak.
En dit sal julle as ʼn sieraad dien: as julle dit sien, moet julle aan al die gebooie van die HERE dink, dat julle dit doen en nie jul jart en jul oë navolg waar julle agter aan hoereer nie,-
sodat julle aan al my gebooie mag dink en dit doen, en aan julle God heilig mag wees.
Ek is die HERE julle God wat julle uit Egipteland uitgelei het om vir julle ʼn God te wees. Ek is die HERE julle God.