Afrikaans-1933/40/8

35 lines
3.9 KiB
Plaintext

En toe Hy van die berg afkom, het groot menigtes Hom gevolg;
en deer het ʼn melaatse man gekom en voor Hom neergeval en gesê: Here us U wil, kan U my reiuig.
Daarop steek Jesus die hand uit en raak hoom aan en sê: Ek wil; word gereinig! En dadelike is hy van sy melaatsheid gereinig.
En Jesus sê vir hom: Pas op dat jy die vir niemand verel nie, maar gaan vertoon jou aan die priester en offer die gawe wat Moses voorgeskrywe het, tot ʼn getuienis vir hulle.
En nadat Jesus in Kapérnaüm ingegaan heet, kom daar ʼn kaptein na Hom toe en smeek Hom
en sê: Here my kneg lê tuis verlam en hy ly hewige pyne.
Daarop sê Jesus vir hom: Ek sal kom en hom gesond maak.
En die kaptein antwoord en sê: Here ek is nie werd dat U onder my dak inkom nie; maar spreek net ʼn woord, en my kneg sal gesond word.
Want ek is ook ʼn man onder gesag, en ek het soldate onder my. En vir hierdie een sê ek: Gaan! en hy gaan; en vir ʼn ander een: Kom! en vir my slaaf: Doen dit! en hy doen dit.
Toe Jesus dit hoor, het Hy Hom verwonder en vir sy volgelinge gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, selfs in Israel het Ek so ʼn goot geloof nie gevind nie.
Maar Ek sê vir julle det baie sal kom van ooste en weste en saam met Abraham en I sak en Jakob sal aansit in die koninkryk van die hemele.
Maar die kinders van die koninkryk sal uitgedryf word in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande.
Toe sê Jesus vir die kaptein: Gaan en laat dit vir jou wees soos jy geglo het. En sy knag het gesond geword in daardie uur.
En toe Jesus in die van Petrus gegaan het, sien Hy sy skoonmoeder siek lê aan die koors.
En Hy het haar hand aangeraak, en die koors het haar verlaat en sy het opgestaan en hulle bedien.
En toe dit aand word, het hulle na Hom daie gabring wat van duiwels besete was; en Hy het die geeste met ʼn woord uitgedrywe; en almal wat ongesteld was, het Hy gesond gamaak,
sodat vervul sou word wat gespreek is deur Jesaja, die profeet, toe hy gesê het: Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra.
En toe Jesus groot menigtes rondom Hom sien, het Hy bevel gegee om te vertrek na die oorkant.
En ʼn sekere skrifgeleerde het gekom en vir Hom gesê: Meester, ek sal U volg waar U ook al mag gaan.
En Jesus sê vir hom: Die jakkalse het gate en die voëls van die hemel neste, maar die Seun van die mens het geen plak waar Hy sy hoof kan neerlê nie.
En ʼn ander een van sy disiepels het vir Hom gesê: Here, laat my toe om eers te gaan en my vader te begrawe.
Maar Jesus sê vir hom: Volg My en laat die dooies hulle eie dooies begrawe.
En toe Hy in die skuit klim, het sy disiepels Hom gevolg.
En daar het ʼn groot storm op die meer gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap.
Daarop kom sy disiepels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!
En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en destraf die winde en die meer, en daar het ʼn groot stilre gekom.
En die menne het hulle verwonder en gesê: Wat vir ʼn mens is Hy, dat selfs die winde en die meer Hom gehoorsaam is?
En toe Hy na die oorkant gegaan het, in die land van die Gergeséners, kom Hom tegemoet twee manne, van duiwelsbesete, wat uit die grafte uitgekom het en baie kwaai was, sodat niemand met daardie pad kon verbygaan nie.
En meteens skreem hulle en sê: Wat het ons met U te doen Jesus, Seun van God? Het U hier gekom om ons voor die tyd te pynig?
En ver van hulle af het ʼn groot trop varke gewei.
En die duiwels het Hom gesmeek en gesê: As U ons uitdryf, laat ons toe om in die trop varke te vaar.
En Hy sê vir hulle: Gaan! To gaan hulle uit en vaar in die trop varke in; en daar storm die hele trop varke van die krans af die meer in en kom in die water om.
En die wagters het gevlug; en toe hulle alles vertel, ookwat met die besetenes gebeur het.
En daar kom die hele stad uit, Jesus tegemoet; en toe hulle Hom sien smeek hulle dat Hy uit hulle gebied moet weggaan.