Afrikaans-1933/43/2

26 lines
2.6 KiB
Plaintext

En op die derde dag was daar 'n bruilof op Kana in Galiléa, en die moeder van Jesus was daar.
En Jesus was ook genooi, en sy disiepels, na die bruilof.
En toe daar wyn kort kom, sê die moeder van Jesus vir Hom: Hulle het geen wyn nie.
Jesus sê vir haar: Vrou, wat het ek met u te doen? My uur het nog nie gekom nie.
Sy moeder sê vir die dienaars: Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen.
En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipwaterkanne gestaan wat elkeen twee of drie ankers hou.
Jesus sê vir hulle: Maak die waterkanne vol water. En hulle het hul tot bo toe volgemaak.
En Hy sê vir hulle: Skep nou uit en bring dit voor die hoofdienaar. En hulle het dit gebring.
En toe die hoofdienaar die water proe wat wyn geword het-en hy nie geweet waarvandaan dit was nie, maar die dienaars wat die water geskep het, het geweet-roep die hoofdienaar die bruidegom
en sê vit hom: Elke mens sit eers die goeie wyn op en, wanneer hulle goed gedrink het, dan die slegte; maar jy het die goeie wyn tot nou toe bewaar.
Hierdie eerste van sy tekens het Jesus op Kana in Galiléa gedoen; en Hy het sy heerlikheid geopenbaar, en sy disiepels het in Hom geglo.
Daarna het Hy na Kapérnaüm afgegaan, Hy en sy moeder en sy broers en sy disiepels, en hulle het daar nie baie dae gebly nie.
En die pasga van die Jode was naby, en Jesus het opgegaan na Jerusalem.
En Hy het in die tempel gevind die wat beeste en skape en duiwe verkoop en die geldwisselaars wat daar sit.
En Hy het 'n sweep van toutjies gemaak en almal uit die tempel uigedrywe, ook die skape en die kleingeld van die wisselaars het Hy uitgegooi en hulle tafels omgekeer.
En vir die duiweverkopers het Hy gesê: Neem daardie dinge hier weg; moenie die huis van my Vader 'n handelshuis maak nie.
En sy disiepels het onthou dat daar geskrywe is: Die ywer vir u huis het my verteer.
Toe antwoord die Jode en sê vir Hom: Watter tekens wys U vir ons, dat U hierdie dinge doen?
Jesus antwoord en sê vir hulle: Breek hierdie tempel af, en in drie dae sal Ek dit oprig.
En die Jode sê: Ses en veertig jaar lank is aan hierdie tempel gebou, en U, sal U dit in drie dae oprig?
Maar Hy het oor die tempel van sy liggaam gespreek.
En toe Hy opgestaan het uit die dode, het sy disiepels onthou dat Hy dit vir hulle gesê het; en hulle het die Skrif geglo en die woord wat Jesus gespreek het.
En toe Hy in Jerusalem was op die pasga gedurende die fees, het baie in sy Naam geglo, omdat hulle die tekens gesien het wat Hy doen.
Maar Jesus self het Hom aan hulle nie toevertrou nie, omdat Hy almal geken het
en omdat Hy nie nodig gehad het dat iemand van die mens sou getuig nie; want Hy self het geweet wat in die mens is.