13 lines
1.1 KiB
Plaintext
13 lines
1.1 KiB
Plaintext
Vir die musiekleier. Van die kinders van Korag. Met sopraanstemme. ʼn Lied.
|
|
God is vir ons ʼn toeflug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef.
|
|
Daarom sal ons nie vrees nie, al wankel die aarde en al wankel die berge weg in die hart van die seë.
|
|
Laat die waters bruis, laat hulle skuim; laat die berge bewe deur sy verheffing! Sela.
|
|
Die stroompies van ʼn rivier maak die Godstad bly, die heiligdom van die woninge van die Allerhoogste.
|
|
God is daar binne - in, dit sal nie wankel nie; God sal dit help as die dag aanbreek.
|
|
Nasies het gebruis, koninkryke het gewankel; Hy het sy stem verhef; die aarde bewe.
|
|
Die HERE van die leërskare is met ons; die God van Jakob is ʼn rotsvesting vir ons. Sela.
|
|
Kom aanskou die dade van die HERE, wat verskriklike dinge oor die aarde bring,
|
|
wat oorloë laat ophou tot by die einde van die aarde, die boog verbreek en die spies stukkend slaan, die strydwaens met vuur verbrand.
|
|
Laat staan en weet dat Ek God is; Ek sal hoog wees onder die nasies, hoog op die aarde.
|
|
Die HERE van die leërskare is met ons; die GOd van Jakob is ʼn rotsvesting vir ons. Sela.
|