16 lines
1.5 KiB
Plaintext
16 lines
1.5 KiB
Plaintext
ʼn Gebed van Dawid. HERE, hoor ʼn regverdige saak, let op my smeking; luister tog na my gebed met onbedrieglike lippe.
|
|
Laat my reg van u aangesig uitgaan; laat u oë regverdig sien.
|
|
U het my hart getoets, dit in die nag ondersoek, U het my gekeur, U vind niks nie; wat ek ook dink, my mond oortree nie.
|
|
Aangaande die handelinge van die mens, ék het deur die woorde van u lippe vermy die paaie van die geweldenaar.
|
|
My gange het vasgehou aan u spore, my voetstappe het nie gewankel nie.
|
|
Ék roep U aan, want U verhoor my, o God! Neig u oor tot my, luister na my woord!
|
|
Maak u gunsbewyse wonderbaar, o verlosser van die wat by u regterhand skuil vir teëstanders!
|
|
Bewaar my soos ʼn oogappel; verberg my in die skaduwee van u vleuels
|
|
teen die goddelose wat my geweld aandoen, my doodsvyande wat my omring.
|
|
Hulle het hul gevoel afgesluit; met hul mond spreek hulle hoogmoedig.
|
|
Nou het hulle ons in ons gang omsingel; hulle rig hul oë daarop om ons op die grond uit te strek.
|
|
Hy is soos ʼn leeu wat begerig is om te verskeur, en soos ʼn jong leeu wat in skuilplekke klaar lê.
|
|
Staan op, HERE, gaan hom tegemoet, werp hom neer; red my van die goddelose met u swaard;
|
|
met u hand van die manne, o HERE, van die manne wie se deel in die lewe uit die wêreld is en wie se buik U vul met u verborge skat; wie se seuns daarmee versadig word, wat weer hul oorskot vir hulle kinders laat agterbly.
|
|
Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
|