22 lines
1.7 KiB
Plaintext
22 lines
1.7 KiB
Plaintext
Toe antwoort Élifas, die Temaniet, en se:
|
|
As mens ʼn dit met ʼn woord by jou waag,sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou - wie kan dit?
|
|
Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
|
|
Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
|
|
Maar nou dat dit jόu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jόu tref, is jy verslae!
|
|
Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
|
|
Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom en waar is opregtes verdelg?
|
|
Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
|
|
Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernieteg.
|
|
Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller - ja die tande van die jong leeus word uit gebreek.
|
|
Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuvyfie word verstrooi.
|
|
Verder is ʼn woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ʼn gefluster daarvan opgevang;
|
|
by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, vaneer diepe slaap op die mense val.
|
|
Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
|
|
Toe skuif daar ʼn gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
|
|
Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie - ʼn verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ʼn stem wat sê:
|
|
Sou ʼn mens regverdig wees voor God? Of ʼn man rein wees voor sy Maker?
|
|
Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek hy dwaling
|
|
Hoeveel meer by hulle wat kleinhuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ʼn mot.
|
|
Tussen môre en aand word huule verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
|
|
Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.
|