24 lines
1.8 KiB
Plaintext
24 lines
1.8 KiB
Plaintext
En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
|
|
So waar as God leef wat my reg ontneem het, en die Almagtige wat my siel bitterheid aangedoen het -
|
|
want my asem is nog heeltemal in my, en die lewensasem van God is in my neus -
|
|
my lippe spreek geen onreg, en my tong verkondig geen bedrog nie!
|
|
Dit is ver van my dat ek julle gelyk sou gee; totdat ek die asem uitblaas, sal ek my vroomheid nie prysgee nie.
|
|
Aan my geregtigheid hou ek vas en laat dit nie los nie; my hart versmaad geeneen van my dae nie.
|
|
My vyand moet dus verskyn as goddelose en my teëstander as kwaaddoener.
|
|
Wand wat is die verwagting van die goddelose as Hy afsny - as God sy siel uittrek?
|
|
Sal God sy geroep hoor as benoudheid oor hom kom?
|
|
Of sal hy hom kan verlustig in die Almagtige, God altyd kan aanroep?
|
|
Ek sal julle onderrig aangaande die hand van God; wat by die Almagtige is, sal ek nie verberg nie.
|
|
Kyk, julle het dit almal self aanskou, en waarom koester julle dan 'n ydele hoop?
|
|
Dit is die deel van die goddelose mens by God en die erfdeel van die tiranne wat hulle van die Almagitge ontvang.
|
|
As sy kinders baie word, is dit vir die swaard; en sy spruite word nie versadig met brood nie.
|
|
Die wat van hom oorbly, word deur die pes begrawe, en sy weduwees ween nie.
|
|
As hy sy silwer ophoop soos stof en klere aanskaf soos modder -
|
|
hy skaf aan, maar die regverdige trek dit aan; en die onskuldige verdeel die silwer.
|
|
Hy het sy huis gebou soos 'n mot en soos 'n skerm wat die oppasser maak.
|
|
Ryk gaan hy lê, maar doen dit nie weer nie; hy maak sy oë oop en - is nie meer nie.
|
|
Verskrikkinge oorval hom soos waterstrome; in die nag voer 'n stormwind hom weg.
|
|
Die oostewind tel hom op, en daar gaan hy; en dit storm hom weg uit sy plek.
|
|
En God werp hon af sonder verskoning, vir sy hand moet hy haastig vlug.
|
|
Hulle slaan oor hom hul hande saam en fluit hom weg uit sy plek.
|