Afrikaans-1933/1/17

28 lines
3.3 KiB
Plaintext

Toe Abram negen-en-negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees.
En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitegewoon vermeerder.
Toe val Abram op sy aangesig, en God het verder met hom gespreek en gesê:
Wat my aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader va ʼn menigte van nasies word.
Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ʼn vader van ʼn menigte van nasies.
En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.
En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte, tot ʼn ewige verbond, om vir jou ʼn God te wees en vir jou nageslag ná jou.
En Ek sal jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ʼn ewige besitting; en Ek sal vir hulle ʼn God wees.
Verder het God vir Abraham gesê: Maar jý moet my verbond hou, jy en jou nageslag ná jou, in jou geslagte.
Dit is my verbond wat julle moet hou tussen My en julle en jou nageslag ná jou: Al wat manlik onder julle is, moet besny word-
julle moet aan die vlees van julle voorhuid besny word, en dit sal ʼn teken wees van die verbond tussen My en julle.
ʼn Seuntjie van agt dae dan moet onder julle besny word, al wat manlik is in julle geslagte. Die wat in jou huis gebore is, en die wat van enige vreemdeling met geld gekoop is, wat nie van jou geslag is nie-
die wat in jou huis gebore en wat met jou geld gekoop is, moet sekerlik besny word. So moet dan my verbond in julle vlees wees as ʼn ewige verbond.
En wat manlik is en die voorhuid het, wat nie aan die vlees van sy voorhuid besny is nie - die siel moet uit sy volksgenoete uitgeroei word; hy het my verbond verbreek.
Verder het God vir Abraham gesê: Sarai, jou vrou, moet jy nie Sarai noem nie, maar Sara sal haar naam wees.
En Ek sal haar seën en vir jou uit haar ook ʼn seun gee; ja Ek sal haar seën, sodat sy tot nasies sal word; konings sal uit haar voortkom.
Toe val Abraham op sy aangesig, en lag in sy hart en sê in sy hart: Kan daar vir een wat honderd jaar oud is, ʼn kind gebore word? Of kan Sara, wat negentig jaar oud, baar?
En Abraham sê aan God: Ag, mag Ismael lewe voor u aangesig!
Toe antwoord God: Voorwaar, jou vrou Sara sal vir jou ʼn seun baar, en jy moet hom Isak noem; en Ek sal my verbond met hom oprig as ʼn ewige gebond vir sy nageslag ná hom.
Ook wat Ismael aangaan, het Ek jou verhoor. Kyk, Ek seën hom en maak hom vrugbaar en vermeerder hom buitengewoon. Twaalf vorste sal hy verwek, en Ek sal hom ʼn groot nasie maak.
Maar my verbond sal ek met Isak oprig wat Sara vir jou ander jaar sulke tyd sal baar.
En nadat Hy klaar met hom gespreek het, het God van Abraham af opgevaar.
Daarop neem Abraham sy seun Ismael en almal wat met sy geld gekoop was, al wat manlik was onder die mense in die huis van Abraham, en hy hat die vlees van hulle voorhuid nog daardie selfde dag besny, soos God met hom gespreek het.
En Abraham was negen-en-negentig jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
En sy seun Ismael was dertien jaar oud toe hy aan die vlees van sy voorhuid besny is.
Op daardie selfde dag is Abraham en sy seun Ismael besny
en al die manne van sy huis - die wat in sy huis gebore en wat van vreemdelinge met geld gekoop was, is saam met hom besny.