Afrikaans-1933/19/10

19 lines
1.7 KiB
Plaintext

o HERE, waarom staan U so ver weg en hou U verborge in tye van benoudheid?
In sy trotsheid vervolg die goddelose die ellendige. Laat hulle gegryp word in die lustige planne wat hulle uitgedink het!
Want die goddelose juig oor die begeerte van van sy siel; en hy seën hom wat onregverdige wins maak, hy verag die HERE.
Die goddelose, met sy neus in die hoogte, ondersoek glad nie: daar is geen God nie, dit is al sy gedagtes!
Sy weë is altyd voorspoedig; hoog daarbo is u gerigte, weg van hom af; al sy teëstanders - hy blaas op hulle.
Hy sê in sy hart: Ek sal nie wankel nie; van geslag tot geslag is ek die een wat nie in die ongeluk sal wees nie.
Sy mond is vol van vloek en van bedrog en verdrukking; onder sy tog is moeite en onreg.
Hy sit in die hinderlae by die dorpe; in skuilplekke maak hy die onskuldige dood; sy oë loer op die ongelukkige.
Hy loer in die skuilhoek soos ʼn leeu in sy lêplek; hy vang die ellendige deur sy net toe te trek;
hy verbrysel hom. Hy duik weg, en die ongelukkiges val in sy mag.
Hy sê in sy hart: God vergeet dit; Hy verberg sy aangesig; Hy sien dit vir ewig nie.
Staan op, HERE! o God, hef u hand op; vergeet die ellendiges nie!
Die goddelose, waarom verag hy God en sê in sy hart: U soek dit nie?
U het dit gesien; want U aanskou die moete en verdriet, sodat ʼn mens dit in u hand sal gee. Aan u gee die ongelukige dit oor; Ú was ʼn helper van die wees.
Verbreek die arm van die goddelose en slegte; soek sy goddeloosheid totdat U niks vind nie!
Die HERE is koning vir ewig en altyd; die heidene het vergaan uit sy land.
HERE, U het die begeertes van die sagmoediges gehoor; U sal hulle hart versterk, u oor sal luister
om aan die wees en verdrukte reg te doen. Geen mens uit die aarde sal langer voortgaan om skrik aan te jaag nie.