Afrikaans-1933/2/10

30 lines
4.5 KiB
Plaintext

Verder het die HERE vir Moses gesê: Gaan na Farao toe, want Ék het sy hard verhard, sodat Ek hierdie tekens van My onder hulle kan verig,
sodat jy voor die ore van jou kind en jou kinds kind kan vertel wat Ek in Egipte aangedoen het, en My tekens wat Ek onder hulle gedoen het, dat hulle kan weet daat Ek die HERE is.
Toe gaan Moses en Aäron na Farao toe, en hulle sê vir hom: So spreek die HERE, die God van die Hebreërs: Hoe lank weier jy om jou voor my te verootmoedig? Laat my volk trek dat hulle My kan dien.
Want as jy weier om my volk te laat trek, dan bring Ek môre die springkane in jou grondgebied,
en hulle sal die oppervlakte van die land oordek, sodat ʼn mens die land nie sal kan sien nie. En hulle sal die oorblyfsel afeet wat gered is, wat vir julle van die hael oorgebly het; en al die bome wat vir julle uit die veld opgroei, sal hulle afeet.
En jou huise en die huise van al jou dienaars en die huise van al die Egiptenaars sal vol van hulle wees-sooos jou vaders en die vaders van jou vaders nie gesien het van die dag wat hulle op die aarde gewees het tot vandag toe nie. Daarop het hy omgedraai en van Farao af weggegaan.
Toe sê Farao se dienaars vir hom: Hoelank sal die man vir ons ʼn strik wees? Laat die manne trek, dat hulle die HERE hulle God kan dien. Weet u nog nie dat Egipte tot gronde gaan nie?
Daarop bring hulle Moses en Aäron na Farao terug, en hy sê vir hulle: Gaan heen, dien die HERE hulle God. Wie is dit wat eintlik wat wil gaan?
En Moses antwoord: Ons wil gaan met ons jong mense en ons ou mense, met ons seuns en met ons dogters; met ons kleinvee en ons beeste wil ons gaan, want ons wil ʼn vees vir die HERE hou.
Toe sê hy vir hulle: Mag die HERE sό met julle wees as wat ek julle en julle kinders sal laat trek! Pa op, want julle het die verkeerde ding voor oë.
Nie so nie! Gaan dan, julle manne, en dien die HERE, want dít het julle verlang. En hulle het hulle van Farao af weggedrywe.
Toe sê die HERE vir Moses: Steek jou hand uit oor Egipteland vanweë die springkane, dat hulle opkom oor Egipteland en al al die plante van die land opeet, alles wat die hael laat oorbly het.
En Moses het sy staf oor Egipteland uitgesteek, en die HERE het ʼn oostewind in die land gebring, daardie hele dag en die hele nag; toe dit môre word, het die oostewind die springkane aangevoer:
die springkane het die oppervlakte van die hele Egipteland en gaan sit in die hele gebied van Egipte, ʼn baie groot menigte-vantevore het daar so ʼn springkaan swerm nie gewees nie, en daarna sal daar nie soiets nie weer voorkom nie.
En hulle het die oppervlakte van die land bedek, sodat die land swart was; en hulle het al die plante van die land opgeëet en al die vrugte van die bome wat die hael laat oorbly het-daar het geen groenigheid aan die bome of plante van die veld in die hele Egipteland oorgebly nie.
Toe het Farao gou Moses en Aäron laat roep en gesê: Ek het gesondig teen die HERE julle God en teen julle.
Vergeefs dan dié keer my sonde, en bid tot die HERE julle God dat Hy net hierdie dood van my af weggneem.
En hy het van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.
Daarop laat die HERE die wind omslaan in ʼn baie sterk westewind; dié het die springkane opgetel en hulle in die Skelfsee gedrywe. Daar het nie een springkaan in die hele gebied van Egipte oorgebly nie.
Maar die HERE het Farao se hart verhard, sodat hy die kinders van Israel nie laat trek het nie.
Verder het die HERE vir Moses gesê: Sttek jou hand na die hemel uit en daar sal duisternis oor Epipteland kom, sodat ʼn mens die duisternis kan gryp.
Toe Moses sy hand uitsteek na die hemel, kom daar ʼn dik duisternisin die hele Egpteland, drie dae lank.
Die een het die ander nie gesien nie, en niemand het van sy plek opgestaan nie, drie dae lank. maar al die kinders van Israel het lig in hulle woonplekke gehad.
Toe laat Farao Moses roep en sê: Gaan heen, dien die HERE; net julle kleinvee en beeste mot agtergehou word. Selfs julle kinders kan met julle saamgaan.
Maar Moses antwoord: U moet ook slagoffers en brandoffers met ons saam gee, dat ons dit vir die HERE ons GOd kan klaarmaak.
En ons vee moet met ons saamgaan: daar mag geen klou agterbly nie! Want daarvan moet onse neem om die HERE ons God te dien. Want όns weet nie waarmee ons die HERE onse God sal dien voordat ons daar kom nie.
Maar die HERE het Farao se hartverhard, en hy wou hulle nie laat trek nie.
Maar Farao sê vir hom: Gaan weg van my af! Pas op dat jy my aangesig nie weer sien nie; want die dag as jy my aangesig sien, sal jy sterwe.
En Moses antwoord: U het reg gepraat. Ek sal u aangesig nie weer sien nie.