30 lines
3.6 KiB
Plaintext
30 lines
3.6 KiB
Plaintext
En Besáleël het die ark van akasiahout gemaak; twee en ʼn halwe el was sy lengte, en ʼn el en half sy breedte, en ʼn el en ʼn half was sy breedte, en ʼn el en ʼn half sy hoogte.
|
|
En hy het dit oorgetrek met suiwer goud, van binne en van buite; en hy het daaraan ʼn goue krans gemaak rondom.
|
|
En hy het daarvoor vier goue ringe gegiet, aan sy vier voete, sό dat twee ringe aan die een kant en twee ringe aan die ander kant was.
|
|
En hy het draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek;
|
|
en hy het die draaghoute in die ringe gesteekaan weerskante van die ark om die ark te dra.
|
|
Hy het ook ʼn versoendeksel van suiwer goud gemaak. Twee en ʼn halwe el was sy lengte, en ʼn el en ʼn half sy breedte.
|
|
Ook het hy twee gérubs van goud gemaak. Van dryfwerk het hy hulle gemaak, aan die twee ente van die versoendeksel.
|
|
Een gérub aan die een ent en een gérub aan die ander ent. Uit een stuk, saam met die versoendeksel, het hy die gérubs gemaak, aan die twee ente.
|
|
En die gérubs het die vlerke boontoe uitgesprei gehou, terwyl hulle met hul vlerke die versoendeksel beskut; en hulle gesigte was na mekaar toe. Die gesigte van die gérubs was op die versoendeksel gerig.
|
|
Hy het ook die tafel van akasiahout gemaak. Twee el was sy lengte, en ʼn el sy breedte, en ʼn el en ʼn half sy hoogte.
|
|
En hy het dit met suiwer goud oorgetrek en daarvoor ʼn goue krans gemaak rondom.
|
|
Hy het ook daarvoor ʼn lys van ʼn handbreed gemaak rondom; en hy ʼn goue krans gemaak vir die lys rondom.
|
|
Hy het ook vier goue ringe daarvoor gegiet; en hy het die vier ringe vasgesit aan die vier hoeke van die vier pote.
|
|
Naby die lys was die ringe as plekke vir die draaghoute om die tafel te dra.
|
|
Hy het ook die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek om die tafel te dra.
|
|
En hy het die gereedskap gemaak wat op die tafel moes wees: sy skottels en sy rookpanne en sy bekers en sy kanne waarmee gegiet moes word, van suiwer goud.
|
|
Hy het ook die kandelaar van suiwer goud gemaak. Van dryfwerk het hy die kandelaar gemaak, sy voetstuk en sy stam; sy kelkies, sy knoppe en sy blomme was, daarmee saam, uit een stuk.
|
|
En ses arms het uit die sykante daarvan uitgegaan: drie arms van die kandelaar uit die een kant en drie arms van die kandelaar uit die ander kant.
|
|
Drie kelkies soos amandelblomme aan die een arm, ʼn knop en ʼn blom, en drie kelkies soos amandelblomme aan die ander arm, ʼn knop en ʼn blom-so was dit aan die ses arms wat uit die kandelaar uitgaan.
|
|
Maar aan die kandelaar self was daar vier kelkies soos amandelblomme, met knoppe en blomme:
|
|
daar was ʼn knop onder die eerste paar arms wat daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die tweede paar arms wat daaruit uitgaan; en ʼn knop onder die derde paar arms wat daaruit uitgaan-aan die ses arms wat daaruit uitgaan.
|
|
Hulle knope en hulle arms was, daarmee saam, uit een stuk-alles saam een stuk dryfwerk van suiwer goud.
|
|
En hy het daar sewe lampe voor gemaak en sy snuiters en sy bakkies van suiwer goud.
|
|
Van ʼn talent suiwer goud het hy dit gemaak met al sy gereedskap.
|
|
En hy het die reukaltaar van akasiahout gemaak; ʼn el was sy lengte en ʼn el sy breedte, vierkantig, en twee el sy hoogte. Sy horings was, daarmee saam, uit een stuk.
|
|
En hy het dit met suiwer goud oorgetrek: die plaat, die sykante en die horings. EN hy het daarvoor ʼn goue krans gemaak rondom.
|
|
Hy het ook twee goue ringe daarvoor gemaak, onderkant die krans aan weerskante, aan die twee sykante, as plekke vir draaghoute om dit daarmee te dra.
|
|
En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met goud oorgetrek.
|
|
Hy het ook die heilige salf-olie gemaak en die suiwer reukwerk van speserye, soos ʼn salfmenger dit maak.
|