Afrikaans-1933/2/39

44 lines
5.5 KiB
Plaintext

Hulle het ook kunstige klere van pers en purperrooi en bloedrooistowwe gemaak, om in die heiligdom te dien. Ook het hulle die heilge klere vir Aäron gemaak soos die HERE Moses beveel het.
En hy het die skouerkleed gemaak van goud en pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
En hulle het van die goud dun plate geslaan, en hy het dit in drade opgesny om die in te werk in die pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en in die fyn linne-ʼn kunstige werk.
Hulle het daar skouerstukke aan gemaak wat aanmekaar vas was; aan die twee bo-ente was dit saamgevoeg.
En die band wat daaraa was om dit vas te bind, was daarmee saam uit een dtuk, van die selfde werk, van pers en purperroii en bloedrooi stowwe en fyn dubbdraad-linne, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die oniksstene gemaak, vasgesit in kassies van goud, gegraveer soos op ʼn seëlsteen ingesny word, volgens die name van die seuns van Israel.
En hy het hulle op die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit as gedagtenisstene aan die kinders van Israel soos die HERE Moses beveel het.
Hy het ook die borstas van kunstige werk gemaak soos die werk van die skouerkleed; van goud, pers en purperrooi en bloedrooi stow en fyn dubbeldraad-linne.
Dit was vierkantig; dubbel gevou het hulle die borstas gemaak; ʼn span sy lengte en ʼn span sy breedte, dubbeld gevou was dit.
En hulle het daarin vier rye stene ingevul: ʼn rye met karneool, ʼn topaas en ʼn smarag was die eerste ry.
EN die twede ry: ʼn karbonkel, ʼn saffier en ʼn jaspis.
En die derde ry; ʼn hiasint, ʼn agaat en ʼn ametis.
En die vierde ry: ʼn chrisoliet, ʼn oniks en ʼn sardoniks; hulle is in kassies van goud vasgesit by hulle invulling.
En die stene was volgens die name van die suens van Israel twaalf, volgens hulle name. Soos op ʼn seëlsteen uitgesny word, was hulle vir twaalf stamme, elkeen volgens sy naam.
Hulle het ook die borstas gedraaide getings gemaak, soos toudjies gedraai, van suiwer goud;
en hulle het twee goue kassies en twee goue ringe gemaak, en die twee ringe aan die twe bo-ente van die borstas vasgesit,
en hulle het die twee goue toudjies aan die twee ringe aan die bo-ente van die borstas vasgemaak.
Maar die twee ander ente van die toutjies het hulle aan die twee kassies vasgemaak en dít dan aan die skouerstukke van die skouerkleed vasgesit, aan die voorkant daarvan.
Hulle het ook twee goue ringegamaak en dit aan die twee onder-ente van die boras vasgesit, aan die kant wat teen die skouerkleed aan lê, aan die binnekant.
En hulle het twee goue ringe gemaak en dt aan die skouerstukke van die skouerkleed vagesit, onderaan, aan die voorkant daarvan, by sy verbinding, bo die band van die skouerkleed.
En hulle het die borstas, met sy tinge, aan die ringe van die skouerkleed met ʼn perstoutjie vasgebind, sodat dit bo die band van die skouerkleed kon wees, en die borstas nie van die skouerkleed kon af skuiwe nie, soos die HERE Moses beveel het.
En hy eht die mantel van die skouerkleed van wewerswerk gemaak, heeltemal van pers stof.
En die opening van die mantel was in die middel daarvan soos die opening van ʼn pantser; die opening het ʼn soom rondom gehad, dat dit nie kon skeur nie.
En aan die soom van die kleed het hulle granaatjies gemaak van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne.
Hulle het ook klokkies van suiwer goud gemaak en die klokkies tussen die granaatjies gesit, aan die som van die mantel rondom, tussen die granaatjies in:
ʼn klokkie en ʼn granaatjie, ʼn klokkie en ʼn granaatjie, aan die soom van die mantel rondom, vir die diens, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die rokke van fyn linne gemaak, van wewerswerk, vir Aäron en sy seuns;
en die tulband van fyn linne en die pronkmusse van fyn linne en die linnebroeke van fyn dubbeldraad-linne;
en die gordelvan fyn dubbeldraad-linne en van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe, veelkleurige werk, soos die HERE Moses beveel het.
Hulle het ook die plaat van die heilige kroon van suiwer goud gamaak en daarop geskrywe met letters soos dit op ʼn seëlsteen uitgesny word: HEILGE AAN DIE HERE.
En hulle het ʼn pers toutjie daaraan vas gemaak om dit bo-op die tulband te sit, soos die HERE Moses beveel het.
So dan is al die werk van die tabernakel van die tent van samekoms klaar gemaak; en die kinders van Israel het dit gemaak net soos die HERE Moses beveel het; so het hulle dit gemaak.
En hulle het die tabernakel na Moses gebring, die tent self met alles wat daarby behoort, sy hakkies, sy style, sy dwaarshoute en sy pilare en sy voetstukke,
en die dekkleed van robbevelle en die voorhangsel tot beddeking;
die ark van die Getuienis met sy draaghoute en sy versoendeksel;
die tafel met al sy gereedskap en die toonbrode;
die suiwer kandelaar met sy lampe, die lampe wat daarop gerangskik moes word, met al sy gereedskap en die olie van die kandelaar;
verder die goue altaar en die salf-olie en die reukwerk van speserye en die bedekking vir die ingang van die tent;
die koperaltaar en sy kopertraliewerk, sy draaghoute met al sy gereedskap, die waskom en sy voetstuk;
die behangsels van die voorhof, sy pilare en sy voetstukke, en die bedekking vir die poort van die voorhof, die lyne en die penne wat daarby behoort, en al die gereedskap vir die diens in die tabernakel van die tent van samekoms;
die kunstige klere, om in die heiligdom te dien, die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien.
Net soos die HERE Moses beveel het, so het die kinders van Israel die hele werk gemaak.
En Moses het die hele werk bekyk-en hulle het dit gamaak soos die HERE beveel het, so het hulle dit gemaak! Toe het Moses hulle geseën.