Afrikaans-1933/2/9

36 lines
4.8 KiB
Plaintext

Verder het die Here met Moses gespreek: Gaan na Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek, dat hulle my kan dien.
Want as jy weier om hulle te laat trek en hulle nog langer vashou,
dan sal die hand van die Here wees teen jou vee wat in die veld is, teen die perde, die esels, die kamele, die beeste en die kleinvee, met ʼn baie swaar pes.
En die Here sal ʼn onderskeid maak tussen die vee van die Israeliete en die vee van die Egiptenaars, sodat niks sal doodgaan van alles wat aan die kinders van Israel behoort nie.
En die Here het ʼn bepaalde tyd bestel en gesê: Morê sal die Here dit doen in die land.
En die Here het dit die volgende dag gedoen: Al die vee van die Egiptenaars het doodgegaan. Maar van die vee van die kinders van Israel het nie een doodgegaan nie.
Farao het toe gestuur en kyk, van die vee van die Israeliete was daar nie een dood nie! Maar die hart van Farao was verhard, en hy het die volk nie laat trek nie.
Verder het die Here vir Moses en Aäron gesê: Neem julle twee hande vol roet uit die oond en laat Moses dit na die hemel uit strooi voor die oë van Farao;
en dit sal vyn stof word oor die hele Egipteland en aan mense en diere swere veroorsaak wat in blare uitbreek, in die hele Egipteland.
So het hulle dan roet uit die oond geneem en voor Farao gaan staan en Moses het dit na die hemel uit gestrooi. Toe word dit swere wat uitbreek in blare aan mense en diere.
En die toowenaars kon voor Moses nie staan vanweë die swere nie. Want die swere was aan die towenaars en al die Egiptenaars.
Maar die Here het Farao se hart verhard, sodat hy na hulle nie geluister het nie, soos die Here vir Moses gesê het.
Verder het die Here vir Moses gesê: Maak jou morê vroeg klaar en stel jou voor Farao en sê vir hom: So spreek die Here, die God van die Hebreërs: Laat my volk trek dat hlle my kan dien.
Want hierdie keer sal Ek al my plae in jou hart stuur, en teen jou dienaars en jou volk, dat jy kan weet dat daar nie iemand op die hele aarde is soos Ek nie.
Want anders sou Ek my hand uitgestrek en jou volk met die pes getref het, en jy sou van die aarde verdelg gewees het;
maar hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou krag kan toon, en dat hulle my hele naam op die aarde kan verkondig.
Versit jy nog teen my volk, dat jy hulle nie wil laat trek nie?
Kyk, Ek sal morê omtrent sulke tyd, ʼn baie swaar hael laat reënsoos wat daar in Egipte nie gewees het van die dag wat di gegrond is tot nou toe nie.
Stuur dan nou en laat jou vee en alles wat jy in die veld het, in veiligheid bring; al die mense en diere wat in die veld gevind word, en wat nie binnekant gebring is nie-op hulle sal die hael val sodat hulle sterwe.
Hy wat die Here se woord gevrees het onder die dienaars van Farao, het sy slawe en sy vee in die huise laat vlug;
maar hy wat op die Here se woord geen ag gegee het nie het sy slawe en sy vee in die veld laat bly.
Toe sê die Here vir Moses: Steek jou hand na die hemel uit en daar sal hael wees in die hele Egipteland, oor mense en oor diere en oor al die plante van die velde in Egipteland.
EN Moses het sy staf na die hemel uitgesteek, en die Here het donder en hael gegee, en vuur het na die aarde uitgeskiet; en die Here het hael op Egipteland laat reën.
En daar was hael en onophoudelike vuur binne-in die hael, baie swaar, soos wat in die hele Egipteland nooit gewees het vandat dit aan ʼn volk behoort het nie.
En die hael het in die hele Egipteland geslaan alles wat in die veld was, mense sowel as diere. Ook het die hael al die plante van die veld geslaan en al die bome van die veld verbreek.
Net in die land van Gosen Waar die kinders van Israel was, was daar geen hael nie.
Toe het Farao Moses en Aäron laat roep en vir hulle gesê: Ek het dié keer sonde gedoen. Die Here is reg, maar ek en my volk het ongelyk.
Bid tot die Here, wantWant daar is oor genoeg donder van God en hael gewees; dan sal ek julle laat trek, en julle hoef nie langer te bly nie.
Toe sê Moses vir hom: So gou as ek die stad uitgaan, sal ek my hande na die Hemel uitbrei: die donder sal ooophou en die hael sal nie meer wees nie; sodat u kan weet dat die aarde aan die HERE behoort.
Maar wat u en u dienaars aanbetrf- ek weet dat julle nog nie ontsag het vir die HERE God nie.-
En die vlaas en die gars was weggeslaan, want die gars was in die aar en die vlas in die knop.
Maar die koring en die spelt was nie weggeslaan nie, want hulle is later.
So het Moses dan uit die stad gegaan van Farao af weg en sy hande na die HERE uitgebrei. En die donder en hael het opgehou, en die reën het nie meer gegiet op die aarde nie.
Toe Farao sien dat die reën en die hael en die donder ophou, het hy nog verder gesondig en sy hart verhard, hy en sy dienaars.
En Farao se hart was verhard sodat hy die kinder van Israel nie laat trek het nie, soos die HERE deur Moses gespreek het.