Afrikaans-1933/3/11

48 lines
5.5 KiB
Plaintext

En die HERE het met Moses en Aäron gespreek en vir hulle gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: Dit is die diere wat julle mag eet van al die viervoetige diere wat op die aarde is.
Alles wat onder die diere gesplitste kloue het, en wel heeltemal gesplitste kloue, en herkou-dit mag julle eet.
Maar die volgende mag julle nie eet nie van die wat herkou en van die wat gesplitste kloue het: die kameel, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir hulle;
en die das, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir julle;
en die haas, want hy herkou maar het geen gesplitste kloue nie-onrein is hy vir julle;
ook die vark, wat hy het gesplitste kloue, ja heeltemal gesplitste kloue, maar hy herkou nie-onrein is hy vir julle.
Van hulle vleis mag julle nie eet nie en aan hulle aas raak nie-onrein is hulle vir julle.
Dit mag julle eeat van alles wat in die water is: alles wat vinne en skubbe het in die water, in die seë en in die riviere-dit mag julle eet.
Maar alles wat geen vinne en skubbe het in die seë en in die riviere nie, van al die gewemel van die water en van al die lewende wesens wat in die water in-ʼn gruwel is dit vir julle
Ja ʼn gruwel moet hulle vir julle wees; van hulle vleis mag julle nie eet nie, en hulle aas moet julle vir ʼn gruwel hou.
Alles wat geen vinne of skubbe in die water het nie-ʼn gruwel is dit vir julle.
En die volgende moet julle van die voëls vir ʼn gruwel hou-hulle mag nie geëet word nie, ʼn gruwel is hulle; die arend en die lammervanger en die aasvoël;
en die kuikenduif en die valk volgens sy soorte;
elke kraai volgens sy soorte;
en die volstruis en die sperwel en die seemeeu en die klein valk volgens sy soorte;
en die steenuil en die visvanger en die steunuil;
en die silweruil en die pelikaan en die aasvoël;
en die groot sprinkaanvoël, die reier volgens sy soorte, die hoep-hoep en die vlermuis.
Al die insekte met vlerke wat op al vier loop-ʼn gruwel is hulle vir julle.
Maar die volgende mag julle eet van al die insekte met vier vlerke wat op al vier loop: wat bokant die pote springbene het om daarmee op die grond te spring.
Van hulle mag julle die volgende eet: die treksprinkaan volgens sy soorte en die boomsprinkaan volgens sy soorte en die springer volgens sy soorte en die voetganger volgens sy soorte.
Maar al die ander insekte met vlerke wat vier pote het-ʼn gruwel is hulle vir julle.
En hieraan verontreining julle vir julle-elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees;
en elkeen wat aan hulle aas dra, moet sy klere was en sal tot die aand to onrein wees;
aan al die diere wat gesplitste kloue het, wat nie heeltemal gesplits is nie en wat nie herkou nie. Onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle raak, sal onrein waas.
En alles wat op kaal pote loop onder die viervoetige diere-onrein is hulle vir julle; elkeen wat aan hulle aas raak, sal tot die aand toe onrein wees.
Ook hy wat hulle aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. Onrein is hulle vir julle.
En die volgende is vir julle onrein onder die ongediertes wat op die aarde wemel: die muishond en die muis en die akkedis volgens sy soorte.
en die krimvarkie en die geitjie en die klipsalamander en die koggelmander en die verkleurmannetjie.
Hulle is onrein onder al die ongediertes; elkeen wat aan hulle raak as hulle dood is, sal tot die aand toe onrein wees.
En alles waar een van hulle op val as hulle dood is, sal onrein wees; enige houtvoorwerp of kledingstuk of vel sak, elke ding waarmee werk gedoen word; dit moet in die water gesit word en sal tot die aand toe onrein wees; dan sal dit rein wees.
En elke erdevoorwerp waar een van hulle val-alles wat daarin is, sal onrein wees en julle moet die voorwerp self stukkend breek;
enige voedsel wat geëet word waar water op kom, sal daarin onrein wees; en enige drank wat in so ʼn voorwerp, van watter soort ook, gedrink word, sal onrein wees.
En alles waar iets van hulle aas op val, sal onrein wees; ʼn bakoond of ʼn drievoet moet stukkend geslaan word; hulle is onrein, en onrein moet hulle vir julle wees.
Maar ʼn fontein of put, ʼn versamelplek van water, sal rein wees; maar hy wat aan die aas daarin raak, sal onrein wees.
En as van hulle aas val op enige saad wat gesaai word-dit sal rein wees.
Maar as daar water op die saad gegooi word, en van hulle aas daarop val, dan sal dit vir julle onrien wees.
En as daar van die diere wat julle as voedsel dien, doodgaan sal hy wat aan die aas raak, tot die aand toe onrein wees;
en hy wat van dié aas eet, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe. En hy wat dié aas dra, moet sy klere was en sal onrein wees tot die aand toe.
En al die ongediertes wat op die aarde wemel, is ʼn gruwel-dit mag nie geëet word nie.
Alles wat op die buik seil en alles wat op al vier loop, ook alles wat baie pote het, naamlik al die ongediertes wat op die aarde wemel-julle mag dit nie eet nie, want dit is ʼn gruwel.
Moenie julleself ʼn gruwel maak deur enige ongedierte wat wemel nie: julle moet jul daaraan nie verontreinig, sodat julle daardeur onrein word nie.
Want Ek is die HERE julle God; toon dan dat julle heilig is en wees heilig, want Ek is heilig; daarom verontreinig julle nie deur enige ongedierte wat op die aarde kruip nie.
Want Ek is die HERE wat julle uit Egipteland opgebring het om jullg God te wees. So moet julle dan heilig wees, omdat Ek heilig is.
En dit is die wet oor die diere en die voëls en al die lewende wesens wat roer in die water en aangaande al die wesens wat op die aarde wemel,
om te onderskei tussen wat onrein is, en tussen die diere wat geëet en die diere wat nie geëet mag word nie.