Afrikaans-1933/3/12

9 lines
1.2 KiB
Plaintext

Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
Spreek met die kinders van Israel en sê: As ʼn vrou swanger word en ʼn seuns baar, dan sal sy sewe dae lank onrein wees, soos die dae van die onreinheid as sy onwel is, sal sy onrein wees.
En op die agste dag moet hy van die vlees van sy voorhuid besny word.
Dan moet sy drie en dartig dae in die reinigingsbloed bly. Aan niks wat heilig is moet sy raak nie en in die heiligdom mag sy nie kom nie totdat die dae van haar reiniging verby is.
Maar as sy ʼn dogter baar dan sal sy twee weke onrein wees soos by haar maandelikse onreinheid. Dan moet sy ses en sestig dae in die reinigingsbloed bly.
En as die dae van haar reiniging in die geval van ʼn seun of ʼn dogter verby is, dan moet sy ʼn jaaroud-lam as brandoffer en ʼn jong duif of tortelduif as sondoffer bring na die ingang van die tent van samekoms, na die priester toe;
die moet dit offer voor die aangesig van die HERE en vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees van haar bloedvloeiing. Dit is die wet van haar wat baar, in die geval van ʼn seun of ʼn dogter.
Maar as sy ʼn lam nie kan bekostig nie, dan moet sy twee tortelduiwe of twee jong duiwe neem, een as brandoffer en een as sondoffer; en die priester moet vir haar versoening doen; dan sal sy rein wees.