13 lines
983 B
Plaintext
13 lines
983 B
Plaintext
Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge?
|
|
Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou same raad teen die HERE en teen sy Gesalfde en sê:
|
|
Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!
|
|
Hy wat in die hemel woon, sal lag; die Here sal met hulle spot.
|
|
Dan sal hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle versrik:
|
|
Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg.
|
|
Ek wil vertel van die besluit: Die HERE het vir My gesê: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer.
|
|
Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting.
|
|
U sal hulle verpletter met ʼn ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ʼn erdepot.
|
|
Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde!
|
|
Dien die HERE met vrees, en juig met bewing.
|
|
Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
|