16 lines
1.5 KiB
Plaintext
16 lines
1.5 KiB
Plaintext
Vir die musiekleier. ʼn Psalm van Dawid.
|
|
Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.
|
|
Die een dag stort vir die ander ʼn boodskap uit, en die een nag kondig vir die ander kennis aan:
|
|
daar is geen spraak en daar is geen woorde nie - onhoorbaar is hulle stem.
|
|
Hulle meetsnoer gaan uit oor die hele aarde, en hulle woorde tot by die einde van die wêreld. Vir die son het Hy daarin ʼn tent gemaak.
|
|
en hy is soos ʼn bruidegom wat uitgaan uit sy slaapkamer; hy is bly soos ʼn held om die pad te loop.
|
|
Sy uitgang is van die einde van die hemel af en sy omloop tot by die eindes daarvan, en niks is verborge vir sy hitte nie.
|
|
Die wet van die HERE is volmaak: dit verkwik die siel; die getuienis van die HERE is gewis: dit gee wysheid aan die eenvoudige.
|
|
Die bevele van die HERE is reg: hulle verbly die hart; die gebod van die HERE is suiwer: dit verlig die oë.
|
|
Die vrees van die HERE is rein: dit bestaan tot in ewigheid; die verordeninge van die HERE is waarheid - tesame is hulle regverdig.
|
|
Hulle is begeerliker as goud, ja as baie fyn goud; en soeter as heuning en heuningstroop.
|
|
Ook word u kneg daardeur gewaarsku; in die onderhouding daarvan is grote loon.
|
|
Die afdwalinge - wie bemerk hulle? Spreek my vry van die wat verborge is.
|
|
Hou u kneg ook terug van moedswillige sondes; laat dit nie oor my heers nie. Dan sal ek onbestraflik wees en vry van groot oortreding.
|
|
Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE, my rots en my verlosser!
|