14 lines
983 B
Plaintext
14 lines
983 B
Plaintext
Maar hoor tog, o Job, na my rede, en luister na al my woorde.
|
|
Kyk, ek het my mond oopgemaak; my tong spreek in my verhemelte.
|
|
My woorde kom uit die opregtheid van my hart, en wat my lippe weet, spreek hulle suiwer uit.
|
|
Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewendig.
|
|
As u kan, antwoord my; maak klaar teen my; staan gereed!
|
|
Kyk, teenoor God staan ek in dieselfde verhouding as u: van klei is ek ook afgeknyp.
|
|
Kyk, vrees vir my hoef u nie te beangstig nie, en my las sal op u nie swaar wees nie.
|
|
Sekerlik, u het voor my ore gesê, en ek het die geluid van die woorde gehoor:
|
|
Rein is ek, sonder oortreding; suiwer is ek, en daar is geen skuld by my nie.
|
|
Kyk, Hy soek aanleidinge vir vyhandskap teen my; Hy hou vir my 'n vyhand van Hom.
|
|
Hy sit my voete in die blok; Hy bewaak al my paaie. -
|
|
Kyk, daarin het u nie reg nie (antwoord ek u), want groter is God as 'n mens.
|
|
Waarom het u teen Hom getwis, dat Hy op al die woorde van 'n mens nie antwoord nie?
|