15 lines
1.6 KiB
Plaintext
15 lines
1.6 KiB
Plaintext
Die ouderling aan die geliefde Gajus wat ek in waarheid liefhet.
|
|
Geliefde, ek wens dat dit met jou in alles mag goed gaan en dat jy gesond is, soos dit met jou siel goed gaan;
|
|
want ek was baie bly as broeders kom en van jou waarheid getuig, soos jy in die waarheid wandel.
|
|
Ek het geen groter blydskap as dit nie, dat ek hoor dat my kinders in die waarheid wandel.
|
|
Geliefde, jy handel getrou in alles wat jy doen vir die broeders, en dit vir vreemdelinge
|
|
wat van jou liefde voor die gemeente getuig het. Help hulle asseblief verder op ʼn voor God waardige wyse.
|
|
Want vir sy Naam het hulle uitgegaan sonder om iets van die heidene te neem.
|
|
Ons behoort dan sulke mens goed te ontvang, sodat ons medearbeiders van die waarheid kan word.
|
|
EK het aan die gemeente geskrywe, maar Diόtrefes wat onder hulle die eerste wil wees, steur hom nie aan ons nie.
|
|
Daarom, as ek kom, sal ek hom herinner aan die werke wat hy doen deur met slegte woorde teen ons uit te vaar; en hiermee nie tevrede nie, ontvang hy nie alleen self die broeders nie gasvry nie, maar verhinder ook die wat dit wil doen en werp hulle uit die gemeente.
|
|
Geliefde, volg nie ná wat kwaad is nie, maar wat goed is. Hy wat goed doen, is uit God; maar hy wat kwaad doen, het God nie gesien nie.
|
|
Aan Demétrius is deur almal getuienis gegee en deur die waarheid self; en ons getuig ook, en julle weet dat ons getuienis waar is.
|
|
Ek het baie dinge gehad om te skrywe, maar ek wil nie met ink en pen aan jou skrywe nie.
|
|
Maar ek hoop om jou gou te sien, en ons sal van mond tot mond spreek.
|
|
Vrede vir jou! Die vriende groet jou. Groet die vriende by die naam. |