22 lines
1.6 KiB
Plaintext
22 lines
1.6 KiB
Plaintext
Toe het Bildad, die Suheit, geantwoort en gesê:
|
|
Hoelank wil julle jaag agter woorde? Word verstandig, en daarna sal ons spreek.
|
|
Waarom word ons as vee gereken, is ons dom in julle oë?
|
|
Jy, iemand wat homself verskeur in sy toorn - sal om jou ontwil die aarde verlate wees of ʼn rots uit sy plek versit word?
|
|
Ja, die lig van die goddelose gaan dood, en die vlam van sy vuur bly nie flikker nie.
|
|
Die lig in sy tet word duisternis, en sy lamp bo hom gaan dood.
|
|
Sy geweldige treë word ingekort, en sy eie plan gooi hom omver.
|
|
Want hy raak in ʼn net deur sy eie voete, en hy loop oor die vlegwerk van ʼn vangkuil.
|
|
ʼn Vangnet gryp sy haksteen, ʼn skrik hou hom vas.
|
|
ʼn Tou is vir hom gespan in die grond en ʼn valstrik vir hom op die pad.
|
|
Verskrikkinge beangstig hom aan alle kante en jaag hom sover as hy gaan.
|
|
Sy onheil het honger, en die ondergang staan klaar vir sy val.
|
|
Die eersgeborene van die dood verteer die lede van sy liggaam, hy verteer sy lede.
|
|
Weggeruk word hy uit sy tent, die voorwerp van sy vertroue; en dit laat hom aan stap na die koning van die verskrikking.
|
|
Daar woon in sy tent its wat hom nie toebehoort nie; swawel word gestrooi oor sy woning.
|
|
Onder verdroog sy wortels, en bo verwelk sy tak.
|
|
Sy gedagtenis vergaan van die aarde af, en hy het geen naam op die wye veld nie.
|
|
Hulle stoot hom uit die lig in die duisternis, en uit die wêreld verjaag hulle hom.
|
|
Hy het geen kroos of nageslag onder sy volk en niemand wat oorbly in sy wonings nie.
|
|
Oor sy dag staan die mense van die Weste verskrik, en siddering gryp die mens van die Ooste aan.
|
|
Sekerlik, so gaan dit met die wonings van die kwaaddoener en so met die plek van hom wat God nie ken nie.
|