Daarom, sê vir die kinders van Israel: Ek is die HERE, en Ek sal julle onder die arbeid van die Egiptenaars uitlei en julle red iut hulle slawerny, en Ek sal julle verlos deur ʼn uitgestrekte arm en deur ʼn groot strafgerigte;
en Ek sal julle as my volk aanneem en vir julle ʼn volk wees. En julle sal erken dat Ek die HERE julle God is wat julle uitlei onder die harde arbeid van die Egiptenaars uit.
En ek sal julle bring in die land waaromtrent Ek my hand opgehef het, om dit aan Abraham, Isak en Jakob te gee; en Ek sal dit aan julle as ʼn besitting, Ek, die HERE.
Gaan spreek met Farao, die koning van Egipte, dat hy die kinders van Israel uit sy land moet laat uittrek.
Maar Moses het voor die aangesig van die HERE gespreek en gesê: As die kinders van Israel nie naa my geluister het nie, hoe sal Farao dan na my luister terwyl ek onbesnede van lippe is?
Daarop het die HERE met Moses en Aäron gespreek en hulle met ʼn boodskap na die kinders van Israel en na Farao, die koning van Egipte, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei.
En dit is die name van die seuns van Levi volgens hulle afstamming: Gerson en Kehaten Merári. En die lewensjare van Levi was hondred sewe-en-dertig jaar.
En Amram het Jόgebed, sy tante, vir hom as vrou geneem, en sy het vir hom gebaar, Aäron en Moses. En die lewensjaare van Amram vas honderd sewe-en dertig jaar.
En die seuns van Ussiël: Mísael, Elsafan en Sitri.
En Aäron het Eliséba, die dogter van Ammínadab suster van Nagson, vir hom as vrou geneem; en sy het vir hom gebaar: Nadab en Abíhu, Eleásar en Itamar.
En die seuns van Korag: Assir, Elkana en Abíasaf. Dit is die geslagte van die Koragiete.
En Eleásar, die seun van Aäron, het Pútiël as vrou geneem; en sy het vir hom Píneas gebaar. Dit is die famieliehoofde van die Leviete volgens hulle geslagte.
Dit is Aäron en Moses vir wie die HERE gesê het: Lui die kinders van Israel uit Egipteland volgens hulle leërafdeelings.
Dit is hulle wat met Farao die koning van Egipte gespreek het, om die kinders van Israel uit Egipteland uit te lei. Dit is Moses en Aäron.
Die dag toe die HERE met Moses in Egipteland gespreek het,
het die HERE Moses aangespreek met hierdie woorde: Ek is die HERE. Sê vir Farao, die koning van Egipte, alles wat ek met jou spreek.
Toe sê Moses voor die aangesig van die HERE: Ek is ondesnede van lippe; hoe sal Farao dan na my luister?