Toe het die HERE vir Moses gesê: Kap vir jou twee kliptafels soos die eerste; dan sal Ek op die tafels die woorde skrywe wat op die eerste tafels was, wat jy verbrysel het.
Maar niemand mag saam met jou opklim nie, laat daar ook niemand op die hele berg gesien word nie; laat ook geen kleinvee of beeste teen hierdie berg wei nie.
Toe het hy twee kliptafels gekap soos die eerste, en Moses het die môre vroeg klaargemaak en op die berg Sinai geklim soos die HERE hom beveel het, en die twee kliptafels in sy hand geneem.
En die HERE het neergedaal in die wolk en daar by hom gestaan. En Hy het die Naam van die HERE uitgeroep.
En toe die HERE by hom verbygaan, het Hy geroep: HERE, HERE, ʼn barmhartige en genadige God, lankmoedig en groot van goedertierenheid en trou;
wat die goedertierenheid hou vir duisende, wat ongeregtigheid en oortreding en sonde vergewe, maar nooit ongestraf laat bly nie; wat die ongeregtigheid van die vaders besoek aan die kinders en aan die kindskinders, aan die derde en aan die vierde geslag.
Toe het Moses hom gou na die aarde toe gebuig en neergeval
en gesê: Here, as ek genade in u oë gevind het, laat dan tog die Here onder ons trek; want dit is ʼn hardnekkige volk; maar vergewe ons ongeregtigheid en ons sonde, en neem ons aan as ʼn erfdeel.
Toe antwoord Hy: Kyk, Ek maak ʼn verbond; voor jou hele volk sal Ek wonders doen soos dit op die hele aarde en onder al die nasies nie geskape is nie, sodat die hele volk onder wie jy is, die werk van die HERE kan sien. Want verskriklik is dit wat Ek aan jou gaan doen.
Onderhou wat Ek jou vandag beveel. Kyk, Ek verdrywe voor jou uit die Amoriete, Kanaäniete, Hetiete, Feresiete, Hewiete en Jebusiete.
Neem jou in ag dat jy geen verbond maak met die inwoner van die land waarin jy kom nie; sodat hy nie miskien ʼn strik by jou word nie.
Maar hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme afkap.
Want jy mag jou nie neerbuig voor ʼn ander god nie; want die HERE se Naam is Jaloers-ʼn jaloerse God is Hy.
Maak tog nie ʼn verbond met die inwoner van die land nie! As hulle agter hulle gode aan hoereer en aan hulle gode offer, dan sal hy jou uitnooi, en jy sal van sy offer eet;
Die fees van die ongesuurde brode moet jy hou; sewe dae lank moet jy ongesuurde brode eet soos Ek jou beveel het, op die bepaalde tyd in die maand Abib; want in die maand Abib het jy uit Egipte uitgetrek.
Alles wat die moederskoot open, is myne; ook al jou vee wat manlik is, die eerstelinge van beeste en kleinvee.
Maar die eersteling van ʼn esel moet jy met ʼn lam loskoop; en as jy dit nie loskoop nie, moet jy sy nek breek. Al jou eersgebore seuns moet jy loskoop, en niemand mag met leë hande voor my aangesig verskyn nie.
As Ek nasies voor jou uitdrywe en jou grondgebied uitbrei, sal niemand jou land begeer nie terwyl jy opgaan om te verskyn voor die aangesig van die HERE jou God, driemaal in die jaar.
En hy was daar by die HERE veertig dae en veertig nagte; hy het geen brood geëet en geen water gedrink nie. En hy het op die tafels die woorde van die verbond, die tien woorde, geskrywe.
En toe Moses van die berg Sinai afgaan-die twee tafels van die Getuienis was in die hand van Moses toe hy van die berg afgaan-wis Moses nie dat die vel van sy gesig blink, omdat hy met Hom gespreek het nie.
Maar as Moses voor die aangesig van die HERE kom om met hom te spreek, neem hy die sluier weg totdat hy uitgaan. As hy dan uitgaan en aan die kinders van Israel meedeel wat hom beveel was,
sien die kinders van Israel die gesig van Moses, dat die vel van Moses se gesig blink; daarop sit Moses dan weer die sluier oor sy gesig totdat hy ingaan om met Hom te spreek.