En Abel het ook van die eersgeborenes van sy kleinvee gebring, naamlik van hulle vet. En die HERE het Abel en sy offer genadig aangesien,
maar Kain en sy offer nie aangesien nie. Toe word Kain baie kwaad, en hy het sy hoof laat hang.
En die HERE sê vir Kain: Waarom is jy kwaad, en waarom laat jy jou hoof hang?
Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie - die sonde lê en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers.
En Kain het met sy broer Abel gepraat; en toe hulle in die veld was, het Kain teen sy broer Abel opgestaan en hom doodgeslaan.
Toe sê die HERE vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?
En Hy sê: Wat het jy gedoen? Die stem van die bloed van jou broer roep na My van die aarde af.
Daarom sal jy vervloek wees, ver van die grond wat sy mond oopgemaak het om die bloed van jou broer uit jou hand te ontvang.
Kyk, U verdryf my nou uit die land uit, en ek moet my verberg vir u aangesig: ʼn swerwer en vlugteling sal ek op die aarde wees, en elkeen wat my kry, sal my doodslaan.
Maar die HERE sê vir hom: Daarom sal, as enigeen Kain doodslan, dit sewevoudig sal gewreek word. En die HERE het ʼn teken gegee aan Kain, sodat enigeen wat hom kry, hom nie moet doodslaan nie.
En Silla het ook gebaar, naamlik Tubal-Kain, ʼn smid wat allerhande koper- en ysterinstrumente gemaak het. En die suster van Tubal-Kain was Naéma.
En Lameg het vir sy vroue gesê: Ada en Silla, hoor na my stem! Vroue van Lameg, luister na my woord! Voorwaar, ek slaan ʼn man dood wat my wond, en ʼn seun wat my kwes.
En Adam het sy vrou weer beken, en sy het ʼn seun gebaar en hom Set genoem. Want, het sy gesê, God het my ʼn ander kind geskenk in die plek van Abel, omdat Kain hom doodgeslaan het.
En ook vir Set is ʼn seun gebore wat hy Enos genoem het. Toe het hulle die Naam van die HERE begin aanroep.